Sonskyn maak my gelukkig en stoepsitaande en verskietende sterre en sterre oor die algemeen. En die see en die branders en die bosveld en tente en krieke wat sing. En die reuk van 'n tjoppie op die kole en die warmte van die mense vir wie ek lief is. Mooi vriendskappe en mooi liefdes. En musiek en hard lag en baie lag. En woorde wat gevoelens in my roer. DIT is die dinge wat die lewe vir my die moeite werd maak! =]