Teruggetrokke en skaam
Ek haal enkele stukke aan uit: Van Champagne tot Pretoria: Naudé -Familiekroniek 1550-2010. Ek het hierdie boekie oor ‘n paar jaar geskryf
PERSPEKTIEF
Inleiding
Om oor jouself te skryf, is redelik moeilik, veral om werklik en eerlik balans te hou en om tegelykertyd ook iets kosbaars aan die volgende geslag oor te dra.Die generasiegaping verg diep insig, en ofskoon ek soms rebels in my gemoed en dade was, moet mens dit versigtig aanbied om nie dalk aanstoot te gee, of mede-akteurs in ‘n slegte lig te stel nie. En tog wil ek vir my kinders die ware toedrag van sake skets vanuit ‘n geleefde werklikheid. Donker kolle is onlosmaaklik deel van enige familie en sel