Proto-Indo-Europees het kenmerke van Oeraals, Kartveels en Noord-Kaukasies. Proto-Indo-European has qualities of Uralic, Kartvelian and Northern Caucasian. The original homeland was in Syunik, Artsakh and along the Arax River.
1 of 18
Download to read offline
More Related Content
Oorsprong en ontwikkeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie
2. 2
Die Oorsprong en Ontwikkeling
van die Indo-Europese Taalfamilie
Pieter Uys
3. 3
Inhoudsopgawe
Inleiding 3
Urheimat 4
Taalkontak 5
Kaukasies 7
Transkaukasi 8
Drie Mere 9
Berge & Riviere 10
Artsakh & Syunik 12
Arax, Aras, Araxes 13
Zorats Karer 14
Wieg van PIE 15
Bibliografie 16
4. 4
Inleiding
Die Indo-Europese tale word deur sowat 46% van die w棚reldbevolking gepraat. Die grootse individuele
tale vandag is Spaans, Engels, Bengali, Portugees, Hindi en Punjabi wat elk meer as 100 miljoen sprekers
het. Indo-Europees is een van die deeglikste nagevorsde van alle taalgroepe.
Urheimat
Die ligging van die historiese tuisland van die Proto-Indo-Europese taal was egter nog altyd omstrede.
Voorheen is onder meer die Balkan, Baktri, Skandinawi en Sentraal-Asi as tuislande voorgehou, en
selfs Indi. Tans aanvaar die meerderheid lingu誰ste die Kurgan- of Pontiese Steppe-hipotese, wat die
gebied tussen die Swart en Kaspiese See plaas. Migrasie na die weste sou deur die Donauvallei
plaasvind, en na die noorde langs die Donrivier.
Die Anatoliese hipotese van Colin Renfrew plaas die tuisland in Anatoli en beskou die migrasie van die
sprekers na die weste en noorde as die natuurlike verspreiding van landbou wat in die Vrugbare
Halfmaan ontstaan het.
Die Armeense Hoogland- of Transkaukasiese hipotese plaas Proto-Indo-Europees suid van die Kaukasus,
vanwaar dit na Indi verspei het en na Europa deur die Kaukasus, waar die Pontiese Steppe as n tweede
tuisland sou dien.
5. 5
Taalkontak: Kartveels & Semities
Die kern van die probleem is die taal se raakpunte met Oeraals aan die een kant, en met Semities en
Kartveels aan die ander. Eintlik stem PIE op n diep morfologiese en fonologiese vlak nie net met Oeraals
nie, maar met verskeie ander taalfamilies van noordelike Eurasi ooreen, insluitend Alta誰es, Inuit-Yupik-
Inangan, Nivkh en Kamchadaals. Saam word hulle die Eurasiatiese familie genoem. Terselfdertyd
bestaan daar leksikale ooreenkomste met Kartveels van die westelike Kaukasus en Semities van Siri en
Mesopotami.
Oeraals het heelwat PIE leenwoorde maar PIE het min Oeraalses. Die sprekers van Oeraals was steeds
jagters en versamelaars lank nadat veeteelt en landbou in die Midde-Ooste en Europa posgevat het en
Alta誰es en Oeraals beskik ook oor volop leenwoorde van die Iraanse dogtertaal van PIE, wat op n later
stadium oor groot dele van Sentraal-Asi gepraat is, waar vandag die Turkssprekende lande Kazakhstan,
Kirgizstan, Uzbekistan en Turkmenistan gele is.
Die Eurasiatiese familie, wat PIE insluit, word onderskei deur /m/ in die eerstepersoon- en /t/ in die
tweedepersoon-voornaamwoord, byvoorbeeld Engels /me/ en /thee/, Spaans /me/ en /te/, Fins /min/ en
/te/, sowel as n meervoud wat met die suffiks /-t/ aan die naamwoordstam gevorm word, en n dualis
gevorm deur die suffiks /-k/. Hierdie patrone word nie in tale buite Eurasiaties gevind nie.
6. 6
Die diep leksikale stratum van Proto-Indo-Europees wat met Proto-Semities gedeel word, bestaan
hoofsaaklik uit woorde vir plaasdiere, landerye, gesaaides en implemente. n Woord vir mens in Proto-
Semities en PIE toon beide n verbintenis met die grond. Proto-Sem *adamah (rooi grond) en *adam
(man), en PIE *dheghom (aarde) en *homo (man) wat aardling beteken. Die woorde vir ster en
sewe dui moontlik op n eenvormige ideologie of religie.
Proto-Indo-Europees, Proto-Semities en Proto-Kartveels beskik oor n uitsonderlike isomorfiese
medeklinker-struktuur met drie reekse sluitklanke. Proto-Kartveels se groot aantal leenwoorde uit PIE
moet die resultaat wees van n langdurige periode van geografiese interaksie, en Proto-Kartveels se
ablautpatroon (klinkerwisseling) in die woordstam stem ooreen met di辿 van PIE, teenoor die
vokaalharmonie van Alta誰es en Oeraals. Ook verskil die patroon van PIE se woordstamstruktuur en sy
komplekse werkwoordstelsel van di辿 van die ander Eurasiatiese tale.
Kozintsev (2018) se statistiese paar-ooreenkoms-matriks in die 50-woord-lys van 41 tale, maak PIE n lid
van Nostraties en van Eurasiaties. Die nie-metriese multidimensionele skaal, n ruimtelike benadering,
beklemtoon PIE se oosterse verbintenisse, en toon verwantskap met vier tale, waaronder Eskimo,
Oeraals, Semities en Kartveels. Die lenings tussen PIE en Proto-Semities dateer uit n vroe tydperk, en
moes Akkadies en Ebla誰ties voorafgegaan het.
7. 7
Kaukasies
Derdens is daar die Kaukasiese faktor wat nie geneties van aard is nie, wat dui op n Sprachbund van PIE
en die Noordwes-Kaukasiese tale wat bekend staan vir min klinkers en n ryk konsonant-inventaris. Die
Noordwes-Kaukasiese korrelasies is n korpus van naamwoordsuffikse, deelwoorde en naamvalle,
partikels en werkwoord-uitgange. Die lingu誰s Colarusso se vroe Indo-Europees het heelwat meer
laringeale, en daar bestaan in elk geval n model van vroe Proto-Indo-Europees wat oor net twee
klinkers beskik, /a/ en //.
Noordoos-Kaukasies het heteroklitiese
verbuigings wat ook in PIE voorkom. Een
stam word gebruik vir die nominatief
(absolutief) terwyl die ander vir die ergatief
en ander naamvalle gebruik word. Dis n
rare eienskap in die tale van Eurasi, maar
word ook in Anatolies gevind. n Voorbeeld
is PIE *yk雰r /lewer/ in die nominatief, vs
*yek雰ns in die genitief.
Ten slotte is daar die oorsprong van die Anatoliese onderskeid Lewend/Nie-Lewend
(animate/inanimate).
Die Eurasiatiese tale Oeraals, Alta誰es, Eskimo en
Nivkh tref geen onderskeid op grond van geslag
of naamwoordklas nie, maar Chukotko-
Kamchatkan het Lewend/Nie-Lewend net soos
Noordwes-Kaukasies Abkhaz en Abaza
Lewend/Nie-Lewend het. Die Nax- en Daghestani-
tale (Oos-Kaukasies) het twee tot agt
naamwoordklasse. Die vroegste Proto-Indo-
Europees het Lewend/Nie-Lewend gehad, wat
eers later na die drievoudige manlik-vroulik-
onsydig uitgebrei het.
8. 8
Transkaukasi
PIE se bewese taalkontak skep dus enorme probleme vir navorsers wat die tuisland soek in n gebied
waar al die bovermelde fenomene op n natuurlike wyse sou kon plaasvind. Want sover hulle weet, was
Oeraals nooit geografies naby aan Kartveels of Semities nie. Net een lingu誰s het tot dusver met n buite-
die-kas-oplossing vorendag gekom. Dis die onafhanklike navorser Valentyn Stetsyuk, wat met behulp
van sy grafies-analitiese metode die tuisland van Nostraties in die Transkaukasus identifiseer het.
Die streek sluit in die Kleiner Kaukasusgebergte, die Colchis-, Kura-Aras- en Lankaranlaaglande, die
(Persies: 悋惘愕惡悋惘悋 Arasb但r但n) bergland in die suide, die Talishberge en die Armeense Hoogland.
Die Araksrivier (Grieks: 畆略両侶, Armeens: 埀奸媾, Georgies: =) vloei uit Turkye en vorm die grens
tussen Armeni谷 en Turkye, en later tussen Armeni谷 en Iran, tot in die Kurarivier in Azerbaijan.
Die Kurarivier (Georgies: ≡, Mtkvari; Armeens: 埒娶, Kur) vloei uit Turkye, en deur Georgi谷 suid
van die Groter Kaukasusgebergte, om in die Kaspiese See in Azerbaijan uit te mond. Die Rionirivier
(Georgies: , Grieks: 陸畩僅旅), die grootste rivier in Georgi谷, dreineer die Wes-Kaukasus en vloei van
die ooste na die Swart See.
In die noordweste van die Armeense Hoogland is Berg Aragats (Alaghez) omring deur ander bergpieke,
platos en riviervalleie. Berg Ararat (Armeens: 奸媾妍媾,) n dormante vulkaan op die plek waar die grense
van vier lande bymerkaarkom: Armeni谷, Iran, Turkye en die Nakhchevan-provinsie van Azerbaijan.
9. 9
Drie Mere
Transkaukasi谷 het drie groot binnelandse mere: Sevan (in Armeni谷), Urmia (in Iran) en Van [Wan] in
Turkye, waarvan die laaste twee soutwatermere is. Hierdie mere is voorheen die Se谷 van Armeni谷
genoem. Die oewers en omgewing van Urmia is ryk aan argeologiese terreine wat tot die neolitiese
tydperk dateer, soos Teppe Hasanlu, Yanik Tepe, Hajji Firuz Tepe en Tappeh Sang-e Chakhmaq.
Stetsyuk identifiseer die heel eerste woongebiede van die grootste dogter-taalfamilies van Nostraties in
hierdie etnogenererende gebied:
10. 10
Berge en riviere
Die Turkiese groep rondom Sevanmeer in die Gegharkunikprovinsie teen die suidelike hange van die
Kleiner Kaukasusberge, en moontlik op die oewer van die Kurarivier tot by Ararat en die
Aridagbergreeks.
Indo-Europe谷rs oos van die Zangezurbergreeks, in die area van vandag se Siyunik, Artsakh (Nagorno-
Karabakh), Barda, Imishli en langs die Araksrivier tot by die moerasse in die Kura-Aras laagland.
Die Oeraalse voorouers rondom Urmiameer in die teenswoordige Iranse provinsies Wes- en Oos-
Azerbaijan, en die Semitiese by die Wan-meer in die Turkse provinsies Van en Bitlis in die weste.
Die Elamo-Drawidirs plaas hy teen die hange van die Khakiari- en Kurdistan-bergkettings, en in die
bolope van die Tigris en die Groot- en Klein Zabriviervalleie.
Die Kartveelse groep, waar hulle steeds woon, aan die suide van die Kleiner Kaukasusgebergte, en n
deel van die Armeense hoogland in die Chorokh- en Bo-Kuravallei.
11. 11
Sy slotsom is gedeeltelik gebaseer op die waarneming dat Alta誰es en Oeraals baie ou woorde vir /vis/ en
/visvang/ het, terwyl PIE meer gespesialiseerde terme vir /jag/ het.
Stetsyuk reken dat die eerste groepe om te trek, die Elamo-Drawidiese (na die ooste) was, die Alta誰ese
(na die noordooste) en Oeralies-Joekaghir (na die noorde). Die sprekers van PIE het langer vertoef, maar
sommige van hulle het soos die voorafgaande ook deur die Derbent-pas na die noorde getrek.
Die Elamo-Drawidiese teenwoordigheid aan die suide veronderstel kontak met die vroegste Sumeries,
miskien selfs buite Mesopotami谷, wat heelwat vrae sou beantwoord.
Dit verklaar die gedeelde woordeskat onder Proto-Semities, PIE en Proto-Karvelies, bv die woorde vir
wyn, landerye, gewasse, skape, beeste en bokke. Intussen het die noordelike Eurasiatiese groep in n
radikaal anderse omgewing ontwikkel, waar jag en versamel die leefwyse was. Eurasiaties se gedeelde
woordeskat met Indo-Europees dateer terug na n pre-landbou-veeteelt periode.
12. 12
Artsakh & Syunik
Die Araksrivier vloei uit die Bing旦l Da-streek van Turkye, net n klipgooi van die bron van die
Eufraatrivier. Dit vorm die grens tussen Turkye en Armeni, Turkye en Nakhchivan, Iran en Armeni en
eindelik deur Azerbaijan totdat dit by die Kurarivier aansluit. Die vallei word van die Urmiameer in Iran
geskei deur reekse heuwels soos die Ma邸u Da. Langs die laer loop van die river is daar verspreide
dorpies tussen vrugteboorde, groen landerye, populier- en wilgebome.
14. 14
Ingang na die Azokh-grotte in Artsakh
Zorats Karer, Stonehenge van Armeni
15. 15
Wieg van Proto-Indo-Europees
Die Zangezurberge vorm die grens tussen Nakhchivan en Syunik, n provinsie van Armeni wat met
lowergroen oerwoude bedek is. Die hoogste pieke is Kaputjugh van 3905 meter (12,812 voet) en
Gazanasar van 3829 meter (12,562 voet). Verder oos is Artsakh, n bergagtige gebied wat na die ooste
oor die Kura-Aras laagland uitkyk. Azokh-grot in die suidooste van Artsakh is teen n berghang gele, en
is sedert die Ou Steentydperk tot n paar honderd jaar gelede ononderbrokke bewoon.
Die Kartveelse groep woon nog altyd in Georgi, die Alta誰ese groep het in die huidige Armeni gewoon,
Die Indo-Europers het in Syunik, Artsakh en suidelike Azerbaijan gewoon, die Oeraalse groep rondom
Urmiameer in Iran, die Semitiese groep rondom Van-meer, en die Drawidiese groep in Noordoos-Irak.
16. 16
Bibliografie
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of
Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bla転ek, V叩clav. 2013. Levant and North Africa: Afroasiatic linguistic history, in: Prehistory Part II: Holocene migrations. First
published 04 February 2013. https://doi.org/10.1002/9781444351071.wbeghm815
Bomhard, Allan R. (1996) Indo-European and the Nostratic Hypothesis. Charleston, South Carolina: Signum.
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic.
Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Bomhard, Allan R. The Origin of Heteroclitic Noun Stems in Proto-Indo-European.
Diakonoff, I., 1990. The earliest Semitic society. Journal of Semitic Studies 43, 20917.
Dolgopolsky, A.B., 1987. The Indo-European homeland and lexical contact of Proto-Indo-European with other languages.
Mediterranean Archaeological Review 3, 731.
Dolgopolsky, A.B., 1993. More about the Indo-European homeland problem. Mediterranean Archaeological Review 67, 251
72.
Dolgopolsky, A., 1998. The Nostratic Macrofamily and Linguistic Palaeontology. (Papers in the Prehistory of Languages.)
Cambridge: McDonald Institute for Archaeological Research.
17. 17
Dolgopolsky, A., 1999. The Nostratic macrofamily: a short introduction, in Nostratic: Examining a Linguistic Macrofamily, eds. C.
Renfrew & D. Nettle. Cambridge: McDonald Inst for Archaeological Research, 1946.
Dolgopolsky 1984 Dolgopolsky, A. On personal pronouns in the Nostratic languages // Linguistica et Philologica: Gedenkschrift
f端r Bj旦rn Collinder. Ed. by O.Gschwantler, K. R辿dei, H. Reichert. Wien, Braum端ller, 65-112.
Kitchen, Andrew. 2008. Inferences Of Recent And Ancient Human Population History Using Genetic And Non-Genetic Data.
University of Florida.
Kortlandt, Frederik. 2017. Indo-European between Uralic and Caucasian (on the occasion of Rasmus Bj淡rns prize essay,
Copenhagen 2017)
Kozintsev, Alexander.. Proto-Indo-Europeans: The Prologue. Museum of Anthropology and Ethnography, Saint-Pet.e
Oswalt, Robert L. (1998) A Probabilistic Evaluation of North Eurasiatic Nostratic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 199-216.
Ramer, Alexis Manaster; Peter A. Michalove, Karen S. Baertsch, and Karen L. Adams (1998). Exploring the Nostratic
Hypothesis. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp.
61-84.
Ringe, Don (1998) A Probabilistic Evaluation of Indo-Uralic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting
the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 153-198.
Ruhlen, Merritt (1991). A Guide to the Worlds Languages. Vol 1. Stanford, Stanford University Press.
Salmons, Joseph C. and Brian D. Joseph (1998) Introduction. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic.
Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 1-12.
Stetsyuk, Valentyn, Historical Macrolinguistics.
Stetsyuk, Valentyn. The Urheimat of the Nostratic Languages.
Uys, Pieter. Eurasiaties en Nostraties. www.scribd.com/doc/237047195/Eurasiaties-en-Nostraties
Uys, Pieter. Eurasiaties.
Uys, Pieter. Eurasiaties & Dene-Sino-Kaukasies.
Uys, Pieter. Die Skaap en die Perde. www.scribd.com/doc/236909679/Die-Skaap-en-die-Perde-n-Sprokie-in-Proto-Indo-
Europees-met-Afrikaanse-Duitse-en-Engelse-vertalings
Uys, Pieter. 2021. Aratta, Ararat & Urartu.
Vine, Brent (1998) Indo-European and Nostratic: Some further comments. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 85-106.
Vovin, Alexander (1998) Nostratic and Altaic. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the
evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 257-270.
18. 18
Historical linguistics Protolanguage - Language in prehistory Caucasian languages Uralic languages Altaic languages Proto-
Indo-European Semitic languages Language Families Areal linguistics Substrate Adstrate Eurasiatic - Nostratic.