3. 3
Die kern van hierdie bespreking is die 1991 bydrae van Merritt Ruhlen met die titel The Amerind Phylum
and the Prehistory of the New World tot die boek Sprung from Some Common Source: Investigations into the
Prehistory of Languages (Geredigeer deur Sydney M Lamb en E Douglas Michell). Dit sluit aan by die 2008-
essay van Larry Lepionka, Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies,
uit In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology,*1 wat behandel word in
die studie Die Amerindiese Tale.
4. 4
Lepionka
Lepionka se analise is gebaseer op Joseph Greenberg en Merritt Ruhlen se baanbrekerswerke van 1987
en 2007, met verwysing na Greenberg se elf taalfamilies van Amerind (wat Eskimo-Aleut en die Na-Dene
tale uitsluit). Greenberg se elf onderafdelings bestaan uit Almosan-Keresiouan, Penuties, Hokan,
Sentraal-Amerind, Chibchan-Paezan, Andies, Equatorial, Makro-Tucano, Makro-Karib, Makro-Pano en
Makro-G棚.
Lepionka neem die elf families in o谷nskou en stel dieper verwantskappe voor om die vier vroegste
Amerindiese filums te identifiseer. Die onderliggende konsep van die analise berus op die feit dat
ruimtelike verspreiding op sigself n artefak van die geskiedenis is, en daarom aspekte van die
geskiedenis kan onthul.
5. 5
Verspreidingspatrone
Die kontras tussen n gekonsentreerde en verstrooide verspreiding van taalfamilies dra betekenis. Binne
n gegewe geografiese ruimte wat deur twee of meer taalfamilies bewoon word, word die groep met die
ononderbroke verspreiding as n latere aankoms beskou, terwyl die groep wat uit ge誰soleerde eilande
bestaan, ouer is. Die fragmentering van die ouer familie is n resultaat van die inkoms van die latere. En
diversiteit is groter in die streek wat die langste bewoon word.
Genetiese studies het bevind dat die pre-koloniale bevolkings van die Amerikas van Kanada tot by die
suidelike punt van Chile deur drie migrasies geplant is. Die meerderheid stam af van n enkele groep
Eerste Amerikaanse Migrante wat vanaf Beringia gekom het, toe dit nog n landbrug tussen Asi谷 en
Alaska gevorm het.
Deur na variasies in DNA te kyk, is daar bevind dat hoewel die grootste deel van die bevolking van die
Amerikas uit die eerste migrasie ontstaan het, twee latere migrasies ook belangrike genetiese bydraes
gelewer het.*2 (Nature). Die tweede en derde migrasies se impak is beperk tot Noord-Amerika, maar
selfs die noordelike bevolkings het die grootste deel van hulle genoom van die Eerste Amerikaanse
Migrasie ge谷rf. Dit bevestig die feit dat die mense van die twee latere migrasies uit Asi谷 met die Eerste
Amerikaners vermeng het.
6. 6
Etimologie
Ruhlen (1991) ondersoek die interne subgroepering van die Amerindiese filum aan die hand van
Greenberg se 329 etimologie in sy baanbrekerswerk Language in the Americas ten einde n idee te kry
van die relatiewe chronologie van die disintegrasie van die Amerindiese prototaal.
Greenberg klassifiseer Almosan-Keresiouan, Penuties, en Hokan as Noord-Amerindies. Suid-Amerindies
sluit in Equatorial, Makro-Tucano, Makro-G棚 en Makro-Pano (G棚-Pano) wat naby aan Makro-Karib is en
G棚-Pano-Karib vorm.
Ruhlen se matriks van 329 etimologie word ingedeel volgens innoverings wat eksklusief deur twee of
drie groepe gedeel word, om geldige genetiese nodes te identifiseer. Hiervolgens kom die volgende
beeld na vore:
1. Vyf gedeelde etimologie: Almosan-Keresiouan, Hokan, Penuties.
2. Vier gedeelde etimologie Makro-G棚, Makro-Pano, Makro-Karib.
3. Drie gedeelde etimologie: Andies, Makro-G棚, Makro-Pano, Penuties, Sentraal-Amerindies,
Chibchan-Paezan.
4. Twee gedeelde etimologie: Hokan, Sentraal-Amerind & Makro-G棚; Hokan, Andies & Makro-Pano;
Chibchan-Paezan, Andies & Makro-G棚; Almosan-Keresiouan, Makro-Pano & Makro-Ge; Equatorial,
Makro-Tucano & Makro-Ge; Penuties, Sentraal-Amerindiess & Makro-G棚.
7. 7
Filogenetiese boomdiagramme bevestig Greenberg se klassifikasie. Drie oorkoepelende groepe
kom weer te voorskyn:
A Hokan, Penuties, Almosan-Keresiouan, Chibchan-Paezan, Andies.
B Makro-G棚, Makro-Pano, Makro-Karib, Equatorial, Makro-Tucano.
C Sentraal-Amerindies.
Die boomdiagramme suggereer ook n subgroep met Equatorial-Tucano en G棚-Pano-Karib in die
node Suidoos-Amerindies. Chibchan-Paezan en Andies dek die middelgrond tussen Noord-
Amerindies en Suidoos-Amerindies. Sentraal-Amerindies wyk die meeste af van die res.
Noord-, Sentraal- en Suid-Amerindies bestaan uit die volgende subgroepe:
I Sentraal-Amerindies: Tano, Uto-Astek, Oto-Mangue
II Noord-Amerindies: Almosan-Keresiouan, Penuties, Hokan
III Suid-Amerindies: Suid-Amerikaanse Amerindies, Chibchan-Paezan. Suid-Amerikaanse
Amerindies bestaan uit Andies, en Suidoos-Amerindies wat al die taalfamilies oos van die
Andes insluit.
8. 8
Sentraal: Uto-Astek, Tano, Oto-Mangue
Noord: Almosan-Keresiouan, Penuties, Hokan
Suid:
Suid-Amerikaans (Andies, Suidoostelik),
Chibchan-Paezan (Chibchan, Paezan)
Suid-Oostelik: Equatorial-Tucano (Makro-Tucano; Equatorial)
G棚-Pano-Karib
Makro-Karib
G棚-Pano
Makro-G棚, MakroPano
Sentraal-Amerindies vs Noord- en Suid-Amerindies
Sekere kenmerke onderskei Sentraal-Amerindies van Noord- en Suid-Amerindies:
Die struktuur van die Sentraal-Amerindiese stam is CVC, terwyl Noord- en Suid-Amerindies
gewoonlik VCVC, CVCV of V1CVCV2 het. Boonop is V1 enV2 gewoonlik soortgelyk of identies
in Noord- en Suid-Amerindies.
In ses van die etimologie het Sentraal-Amerindies die refleks /s/ in plaas van /t/, /ts
/ of //
wat in Noord- en Suid-Amerindies gevind word.
Sentraal-Amerindies /-n-/ kom met Noord- en Suid-Amerindies /l/ ooreen in sekere gevalle.
Dikwels is die basiese patroon Noord-Amerindies /-l-/, Suid-Amerindies /-n-/, Chibchan-
Paezan en Andies /-l-, -r-, -n- /en Suidoos-Amerindies /-r-/.
9. 9
Ruhlen se verspreidingscenario
Proto-Amerindies beweeg van Beringia af deur Alaska en westelike Kanada tot in sentrale Montana.
Sentraal-Amerindies is die eerste groep wat wegbreek, waarskynlik na die Amerikaanse suidweste waar
Uto-Astek- en Tano-groepe steeds woon. Geen Sentraal-Amerindiese groep het Suid-Amerika bereik nie.
Daarna volg die Suidelike groep wat as die Chibchan-Paezan groep Suid-Amerika betree, en daarna raak
die Suid-Amerikaanse groep in noordelike Peru gevestig. Van hier af het Andies al langs die kus na die
suide versprei tot by Tierra del Fuego. Die vyf Suidoostelike groepe het oos van die Andesgebergte oor
die kontinent versprei.
In Noord-Amerika het Penuties van Montana af weswaarts deur Oregon na die kus van die Stille Oseaan
getrek, vanwaar dit na die noorde (British Columbia en Kaliforni) versprei het. Later het dit ver paaie
geneem na Arizona, die suidoostelike Golfkus van die VSA, Meksiko en die Yucatan-skiereiland.
Hokan het suidwaarts na Texas, Mexiko en Honduras beweeg, sowel as na noordelike Kaliforni.
10. 10
Almosan-Keresiouan het in twee verdeel Keresiouan het na die suide en ooste versprei en Almosan na
die weste en ooste van die Noord-Amerikaanse kontinent.
Lepionka se uiteensetting is meer gedetailleerd. In sy opinie is al elf die Amerindiese taalfamilies nie
onafhanklike dogtertale van Proto-Amerind nie. Die Andiese en Equatorial-families stam direk uit Proto-
Amerindies, terwyl Tucano en Macro-Karib van Equatorial af kom. Op sy beurt het Macro-Karib die G棚-
Pano-groep verwek. In bre trekke stem Lepionka se Amasoniese groepe (Equatorial, Karib, Tucano, G棚
en Pano) wel ooreen met Greenberg/Ruhlen se Suidoostelike Groep.
Volgens Lepionka stam Sentraal-Amerindies en Chibchan af van Hokan, en Paezan van Chibchan. Hokan is
n ouer kind van Penuties, en Almosan n jonger een. Dit laat Lepionka met vier dogtertaalfamilies wat
direk uit Proto-Amerindies stam: Penuties, Hokan, Andies en Equatorial. Dit verskil drasties van
Greenberg/Ruhlen, wat Chibchan en Paezan as lede van Suid-Amerindies het, terwyl Almosan-
Keresiouan, Hokan en Penuties tot Noord-Amerindies behoort.
Ruhlen gee Montana aan as die vroegste Amerindiese tuisland, vanwaar Noord-Amerindies oor die
Noord-Amerikaanse kontinent versprei het, terwyl Sentraal-Amerindies lank in die suidweste (Arizona,
New Mexico) moes vertoef het. Sentraal-Amerindies kon Proto-Amerindies verlaat het op pad na
Montana, of nadat Proto-Amerindies reeds daar gevestig is.
11. 11
Noord-en Suid-Amerindies was egter sonder twyfel vir n langer periode deel van Proto-Amerindies,
omdat hulle hegter ooreenkomste met mekaar as met Sentraal-Amerindies toon.
Noord-Amerindies het in drie verdeel: Penuties het eindelik na die noorde, ooste, suide en Meso-Amerika
versprei. Hokan het suid beweeg na Texas, die golfkus van Meksiko, n draai gemaak om die suidelike
dele van die Rotsgebergte en vandaar na noordelike Kaliforni. Almosan-Keresiouan het waarskynlik die
langste in Montana vertoef voordat dit na die ooste en suide van die kontinent uitgebrei het.
Suid-Amerindies se roete uit Montana het na die Landengte van Panama gelei, waar dit in onder meer
Chibchan en Paezan verdeel het. Suid-Amerikaanse Amerindies het sigself in noord-Peru gevestig waarna
dit langs die kus van die Stille Oseaan na die suide versprei het. Suidoostelike Amerindies het ook
aanvanklik in noordelike Peru gewoon en daarna die Andesgebergte oorgesteek na die ooste om die
Amasonekom, die tropiese renwoude, die Gran Chaco en die Pampas te bevolk.
Die Aard van Proto-Amerindies
Proto-Amerindies was polisinteties en het beide pre- en suffikse gebruik. Affikse aan die naamwoord het
verkleining, demonstratiewe, verwantskap, ouderdom, wederkerigheid en meer aangedui. n
Ablautstelsel het geslag en ouderdomsverskille onderskei. Die taal het waarskynlik oor vier klinkers
beskik (a, e, i en o). Die konsonant-inventaris het ejektiewe en implosiewe glottale klanke bevat, sowel as
geglottaliseerde resonante. Inklusiewe en eksklusiewe ons was n prominente kenmerk van
Amerindies.
12. 12
Verwysings
*1 Lepionka, Larry. Historical interpretations of geographical distributions of Amerind subfamilies. Article
published in: In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the four fields of anthropology. In honor of
Harold Crane Fleming. Edited by John D. Bengtson.
*2 David Reich, Nick Patterson, Desmond Campbell, Arti Tandon, St辿phane Mazi竪res, et al. Reconstructing
Native American population history. Nature, Nature Publishing Group, 2012, 488 (7411), pp.370-4.
10.1038/nature11258 hal-0072
Scientists have found that Native American populations -- from Canada to the southern tip of Chile -- arose from at
least three migrations, with the majority descended entirely from a single group of First American migrants that
crossed over through Beringia, a land bridge between Asia and America that existed during the ice ages, more than
15,000 years ago.
13. 13
Bibliografie
Cavalli-Sforza, L. L., Menozzi, P. & Piazza, A. 1994. The History and Geography of Human Genes (Princeton
Univ. Press)
Emekur: Sprachen, Karten und Sprachkarten. https://emekurnet.wordpress.com/
Greenberg, Joseph H. 1987. Language in the Americas. Stanford, Stanford University Press.
Greenberg, Joseph H. and Merritt Ruhlen. 2007. An Amerind Etymological Dictionary. Dept of
Anthropological Sciences, Stanford University, 2007.
Matteson, Esther, Alva Wheeler, Frances L. Jackson, Nathan E. Waltz, and Diana R. Christian. 1972.
Comparative Studies in Amerindian Languages. Janua Linguarum, Series Practica, 127. The Hague: Mouton,
1972.
B. Menounos, B. M. Goehring, G. Osbor3, M. Margold, B. Ward, J. Bon6, G. K. C. Clarke, J. J. Clague, T.
Lakeman, J. Koch, M. W. Caffee, J. Gosse, A. P. Stroeven, J. Seguinot, J. Heyman. Cordilleran Ice Sheet mass
loss responded to climate reversals near the Pleistocene Termination.
www.purdue.edu/newsroom/releases/2017/Q4/research-shows-ice-sheets-as-large-as-greenlands-melted-fast-in-a-
warming-climate.html
Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford University Press
Thomaz Pinotti, Anders Bergstr旦m, Maria Geppert, et al. Y Chromosome Sequences Reveal a
Short Beringian Standstill, Rapid Expansion, and early Population structure of Native American
Founders. Current Biology, Volume 29, Issue 1, 2019. Pages 149-157.e3, ISSN 0960-9822
https://doi.org/10.1016/j.cub.2018.11.029.
www.sciencedirect.com/science/article/pii/S0960982218314957
Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the Lorld's languages, Vol. I: Classification. London: Edward
Arnold, 1987
Ruhlen, Merritt. 1994. On the Origin of Languages: Studies in Linguistic Taxonomy. Stanford
University Press, 1994
14. 14
Ruhlen, Merritt. 1991. The Amerind Phylum and the Prehistory of the New World in die boek Sprung from some
Common Source: Investigations into the Prehistory of Languages (Geredigeer deur Sydney M Lamb en E
Douglas Michell). Stanford University Press.
Turner C.G., Scott G.R. (2015) The Dentition of American Indians: Evolutionary Results and Demographic
Implications Following Colonization from Siberia. In: Henke W., Tattersall I. (eds) Handbook of
Paleoanthropology. Springer, Berlin, Heidelberg. https://doi.org/10.1007/978-3-642-39979-4_63
This chapter uses dental morphology to make inferences about how the New World was first colonized. The major
emphasis is on the initial Macro-Indian migration based on dental traits observed in Paleo-Indian, Archaic, and more
recent prehistoric crania. The major results are as follows: (1) Arctic and Subarctic native dentitions differ enough from
those of Macro-Indians to indicate separate migrations. (2) Clustered MMD values show three Macro-Indian branches
of North Americans, South Americans, and mixed North and South. (3) There is no marked branching depth for these
three dental divisions, which fits the hypothesis of a single rapid Paleo-Indian colonization event. (4) The minimally
divergent North and South American dental divisions are most likely the microevolutionary result of dispersal-
dependent population structure and lineage effects. (5) No genetic bottlenecking can be identified at Panama. (6) The
small amount of New World internal dental divergence favors colonization of South America soon after the settlement
of North America. (7) There are no obvious clines, frequency trends, or geographic groupings for individual dental
traits. This suggests little or no selection and that after leaving Siberia, population size increased sufficiently to limit
genetic drift. (8) There is no sign of any Old World or Oceanic dental pattern other than Northeast Asian Sinodonty. All
things considered, including New World and Siberian linguistics, archaeology, genetics, route considerations, and
relevant natural history, dental analysis supports the Late Pleistocene ice-free corridor, Clovis or epi-Clovis settlement
hypothesis, and the Greenberg Amerind or Macro-Indian language evolution model.
Uys, Pieter. 2021. Die Amerindiese Tale.
Uys, Pieter. 2021. Bories & Betekenis.
Uys, Pieter. 2021. ProtoTale en die Moedertaal.
Uys, Pieter. 2021. Six macrofamily protolanguages compared.
Uys, Pieter. 2021. Taal is n poort deur die muur van tyd.
Uys, Pieter. 2021. Taal in die Oertyd.