2. 2
Ek, jy en ons
in die Steentydperk
Drie persoonlike voornaamwoorde in die Boriese oertaal
en hulle manifestering in lewende tale
Pieter Uys
3. 3
Inhoudsopgawe
Taalrekonstruksie 4
Databasisse 6
Twee Modelle 6
Boriese Konsepstamme 7
Semantiese Velde 9
Prototale 10
Eerste Persoon Enkelvoud 10
Tweede Persoon Enkelvoud 11
Eerste Persoon Meervoud 12
Nota 13
Bibliografie 14
Aanhangsel A 16
Aanhangsel B 17
4. 4
Bories, Boreaals of Boreaans is 'n hipotetiese oertaalfamilie wat uit die Ou
Steentydperk dateer (50,000 tot 12,000 jaar gelede). Deur middel van die
historiese lingu誰stiek se komparatiewe metode is dit moontlik om vroere fases
van bestaande tale te rekonstrueer. Latyn byvoorbeeld, kan rekonstrueer word
deur Spaans, Frans, Italiaans en Roemeens te vergelyk. Proto-Germaans is
rekonstrueer deur Duits, Engels, Nederlands, Goties, die Skandinawiese tale en
ander te vergelyk. Deur die sistematiese vergelyking van sy afstammelinge
Germaans, Kelties, Romaans (Italies), Balties en ander, is Proto-Indo-Europees
gerekonstrueer.
So het dit duidelik geword dat hoewel hedendaagse tale drasties van mekaar mag
verskil, hulle prototale sterk ooreenkomste toon. Dit mag wel lyk asof Afrikaans,
Hongaars en Turks min in gemeen het, maar hulle onderskeie prototale (Proto-Indo-
Europees, Proto-Oeraals en Proto-Alta誰es) kom heelwat nader aan mekaar in terme van
fonologie, leksikon en morfologiese patrone. Dit het dus moontlik geword om selfs
ouer tale, die voorgangers van PIE, Proto-Oeraals en Proto-Alta誰es, te rekonstrueer.
5. 5
Op hierdie manier is prototale soos Eurasiaties/Nostraties, Dene-Sino-Kaukasies, Austries,
Afro-Asiaties en Amerindies ge誰dentifiseer, die prototale waarvan die afstammelinge deur
meer as 90% van die w棚reldbevolking gepraat word. Nie een van hulle is nog in soveel
besonderhede as Proto-Indo-Europees of Proto-Oeraals ontleed nie, maar die werk duur
voort, en die grootste deurbraak van die laaste twee dekades was die identifisering van
Bories.
Indien dit onmoontlik word om n prototaal in detail te rekonstrueer weens gebrek aan data, is
dit steeds moontlik om n oorsigtelike beeld van taal-evolusie te verkry deur die analise van
die data wat wel beskikbaar is. Dis die kernwoordeskat wat die beste resultate oplewer, die
sogenaamde Swadesh-lyste van basiese woorde in die prototale. Di辿 kernwoordeskat is die
beste bestand teen verandering en bevat min leenwoorde. So het lingu誰ste reeds meer as n
duisend etimons (soortgelyke ouer vorme) in die prototale identifiseer, waaruit die
snelgroeiende Boriese inventaris bestaan.
6. 6
Die data van die Boriese taalfamilie het as teoretiese konstruk beslag gekry uit Sergei Starostin
se navorsing oor prototale. Bories se argeologiese kultuur is die Epipaliolitiese era of laat
steentydperk. Verskeie woordstamme het bestaan wat later in die prototale sou verskyn,
vanwaar dit na natuurlike historiese of lewende tale oorgedra is.
Die Evolution of Human Languages (EHL) projek is n histories-vergelykende lingu誰stiese
navorsingsprojek by die Sante F辿 Institute, wat ten doel het om n gedetailleerde klassifikasie
van die w棚reld se tale te voorsien. Databasisse word deur die internasionale Toring van Babel-
projek bygehou, terwyl die Global Lexicostatistical Database (GLD) se doelstelling is om die
mees volledige reeks basiese woordelyste van alle tale te versamel en aan navorsers
beskikbaar te stel.
Twee modelle bestaan vir Bories, di辿 van Harold C. Fleming en di辿 van Sergei Starostin.
Fleming noem Boralies n filetiese ketting eerder as n superfilum, en assosieer dit met die
begin van die Paleolitikum in Europa en die Midde-Ooste sowat 50,000 jaar gelede. Bories
omvat dus die Eurasiatiese, Drawidiese, Kartveliese, en Den辿-sino-Kaukasiese makro-
taalfamilies, met Afro-Asiaties as sentrale en Amerindies as oostelike anker.
Volgens Fleming vorm die makrofamilies Australies, Indo-Pasifies, en Khoisan nie deel van
Bories nie. Hiervolgens is die enigste gebiede waar Boraliese tale nie gepraat is voor die
Europese ekspansie nie, dele van Afrika, die Andaman Eilande, Nieu-Guinee, sekere eilande
van Melanesi谷 en Indonesi, Australi谷 en Tasmani谷.
7. 7
Sergei Starostin se Bories bestaan uit twee kerngroepe wat die Eurasiatiese landmassa en
Noord- en Oos-Afrika bewoon: I Nostraties met sy Afro-Asiatiese, Eurasiatiese, Drawidiese en
Kartveelse takke. II Den辿-Da誰es wat die Den辿-sino-Kaukasiese en die Austriese makrofamilies
insluit. Die Den辿-groepe woon in Alaska, Kanada en die VSA.
Volgens Murray Gell-Mann, Ilia Peiros en Georgiy Starostin kan Khoisan nie by Boralies gevoeg
word nie, terwyl die verbintenis met Indo-Pasifies, Niger-Kongo en Nilo-Saharies verdere
ondersoek regverdig. Die l誰nguis en geskiedkundige Wim van Binsbergen1
beweer egter dat
soveel as 27% van die Boriese leksikon reflekse in Proto-Ntu het.
Die meer as een duisend Boriese konsepstamme wat al identifiseer is, word nie eweredig oor
die prototale versprei nie, maar ooreenkomste met Khoisan bestaan wel, soos hieronder
uiteengesit word. Sien ook Kirill Babaev se artikel Once Again on the Comparison of Personal
Pronouns in Proto-Languages.2
Die Boriese leksikon is nie rekonstruksies nie en kan nie as etimologie谷 beskou word nie. Hulle
is konsonantskelette wat identifiseer is deur vergelyking in die prototale Afro-Asiaties,
Austries, Eurasiaties en Dene-Sino-Kaukasies te vergelyk, en in sommige gevalle Amerindies
en Nilo-Saharies.
8. 8
n Boriese konsepstam word in hoofletters geskryf, en V staan vir enige klinker.
T staan vir enige dentaal [d t 丹 慮 釘 擢 綻 ],
C staan vir enige affrikaat [t諭s d諭z t諭必 d諭筆 t諭 d諭 t諭 d諭
諭 諭],
H staan vir enige van [h 髭 張 畍 徴 ],
K staan vir enige van [k g 跳 ],
P staan vir [p b v f 个], ensovoorts.
Die Boriese stamme se betekenisvelde strek in alle rigtings uit wanneer hulle in die reflekse
van lewende tale verskyn, byvoorbeeld WVTV met die konseptuele betekenis van spraak kan
betekenisse dra soos /resiteer/, /sing/, /lees/, /skel/, /roep/ en /vertel/.
Eurasiaties *watV /praat/ word in Oeralies *wa[t]V /woord/ en in Indo-Europees *wod- met die
betekenisse /praat/, /sing/ en /skel/, en in Neshili uttar /woord/. Dit klink nogal soos Afrikaans
/uiter/. Proto-Afro-Asiaties *wat- beteken /roep/ en /praat/ en meer.
9. 9
Die grootste mate van ooreenkoms in semantiese kenmerke word op die vlak van die makro-
taalfamilie gevind. By kleiner groeperinge vind differensiasie plaas weens geografiese,
kulturele en historiese faktore. Die Boriese konsepstamme is hoogs verwysend en dus
doeltreffend om basiese konsepte oor te dra. In hulle ontwikkeling word die protokonsepte
uitgebrei deur middel van onder meer metonimie en metafoor, wat verskuilde betekenisse
aan die lig bring.
Van Bories na die prototale is die semantiese skuiwe eenvormig, maar die spesifisiteit daarvan
neem toe van die makrofamilie na die familie, en van die familie na die taalgroep. Die afstand
van die kern of oorsprong af be誰nvloed dus die aard van semantiese skuiwe hoe verder van
die bron, hoe meer uiteenlopend.
Klanksimboliek speel n rol; verskillende semantiese kenmerke word deur spesifieke fonetiese
vorme uitgedruk, byvoorbeeld die idee van dowwe of donker kleure neem n stemdraende
konsonant soos /b/ terwyl skerp of helder kleure die skerper, stemlose /p/ verkies.
Voornaamwoorde vorm deel van die kernwoordeskat van elke taal en is onder die mees
stabiele terme in enige taal. Die semantiese velde is beperk tot konkrete konsepte. Dis ook
van belang om te weet dat verskeie prototale oor twee stelle voornaamwoorde beskik, wat
gewoonlik uit n ouer aktief/statief- of akkusatief/ergatief-paradigma spruit.
10. 10
Die Prototale:
AA = Afro-Asiaties (Hebreeus, Arabies, Amharies, Berder, Kopties, Maltees, Oromo)
Am = Amerindies (Aymara, Guaran鱈, Quechua, Mapudungun, Maya, Nahua, Otomi)
Aus = Austries (Bahasa Indonesia, Thai, Munda, Khmer, Lao, Malagasy, Maleis, Hmong)
DSK = Dene-sino-Kaukasies (Abkhaz, Mandaryns, Tibetaans, Navajo, Apache, Sirkassies)
Eur = Eurasiaties (Engels, Spaans, Frans, Hongaars, Fins, Turks, Duits, Italiaans, Nederlands)
Eerste persoon- enkelvoud
ek
MV
NV
WV
CA
Verskyn in AA, Am, Aus, Eur, DSK
+ Niger-Kongo > Proto-Ntu (voorwerp)
*m > Zulu > mina
+ Noord-Khoisan (Kxa) > mV
Verskyn in AA, Am = *na, Aus, DSK = *V,
Eur
+ Niger-Kongo > Proto-Ntu >*ni
Zulu > 侶gi
+ Suid-Khoisan (Tuu) > 侶V
Verskyn in AA, AUS, Eur
Verskyn in AM, AUS, DSK = *dzV
Afrikaans: my
ek
HVKV
HVCV
in AA, Am, Aus, DSK, Eur
in AA, Am, Aus, DSK
Afrikaans: ek
Proto-Indo-Europees: *he乃hom
n Samestelling uit die Proto-Eurasiatiese
aanwysende voornaamwoord /*e/, n Proto-Eur
werkwoord /*ge/ wat waarskynlik om te wees
beteken het, en -/*m/ uit Proto-Nostraties /*minV/
= dis ek.
11. 11
Tweede persoon- enkelvoud
jy
TV
HV
MV
NV
WV
Verskyn in Am, Aus, Eur, DSK = *wVn
Verskyn in AA, Am, DSK, Eur
Verskyn in Aus, Am = *mi
Verskyn in AA, DSK, Eur
Verskyn in Am, DSK
+ Niger-Kongo > *u/*w
Zulu > wena (jy)
Afrikaans: jy
Proto-Germaans *綻笛
In Nederlands is die Germaanse woord /du/ aan
die einde van die 16de eeu deur die
meervoudsvorm /gij/ vervang as n teken van
beleefdheid. Van die begin van die 17de eeu
verskyn /je/ in die spreektaal.
12. 12
Eerste persoon- meervoud
ons
WV
TV
PV
Verskyn in Am, Aus, DSK, Eur
Verskyn in Am, Aus, DSK
Verskyn in Am, Aus
Afrikaans: ons
Verbuigde vorm van /Wij/. Het in Afr. self
ontwikkel. Eerste optekening in vroe谷 Afr. in bet. 2
in 1672 (Franken 1953b: 113). Hoewel Khoi ook
nie in vorm tussen onderwerp en voorwerp by
pers. vnw. onderskei nie, en invloed van die
gebroke Ndl. van Khoisprekers nie heeltemal
uitgesluit kan word nie, wil Scholtz (1963: 116;
1980: 69) die gebruik eerder toeskryf aan die
neiging tot nadruklikheid wat die
ontwikkelingspatroon van vroe谷 Afr. kenmerk. ~
GJ van Wyk.
13. 13
Nota
1 Wim M.J. van Binsbergen & Fred C. Woudhuizen. Ethnicity in Mediterranean protohistory
2 Languages viewed under the Niger-Congo macrofamily umbrella show distinct similarities in the pronominal
system. A pattern MW for the 1st and 2nd person singular pronouns is displayed by most of the language families
of Niger-Congo. Moreover, at least one 1st person plural pronoun can probably be reconstructed as *tV based on
Bantu, Atlantic, and Gur languages. It seems to us that the Niger-Congo system actually consisted of two series of
pronouns, one subject, one object (oblique), just as it looks like in numerous languages of practically all the families.
The other 1st person singular pronoun *_ (representing a variable syllabic nasal) most probably denoted subject
forms opposed to the object (oblique) *mi.
Niger-Congo forms tend to show some basic similarity in the pattern (_ [any nasal] W), in the line of the hypothesis
of their common genetic roots ([Blench 2007]). Kordofanian and Ijoid languages in this regard lie closer to Nilo-
Saharan than to common Niger-Congo patterns. But there is still obvious lack in solid basis for the proto-forms, so
these clues should be used carefully before reliable reconstructions are made for all sub-families of Niger-Congo.
https://cyberleninka.ru/article/n/once-again-on-the-comparison-of-personal-pronouns-in-proto-languages
14. 14
Bibliografie
Automated reconstruction of ancient languages using probabilistic models of sound change. Alexandre
Bouchard-C担t辿a,1, David Hallb , Thomas L. Griffithsc , and Dan Kleinb a Department of Statistics,
University of British Columbia, Vancouver, BC V6T 1Z4, Canada; b Computer Science Division and c
Department of Psychology, University of California, Berkeley, CA 94720 Edited by Nick Chater,
University of Warwick, Coventry, United Kingdom, and accepted by the Editorial Board December 22,
2012 (received for review March 19, 2012).
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the
Journal of Language Relationship_2009_001
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology -
in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bengtson., John D. The Languages of Northern Eurasia: Inference to the Best Explanation
Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In:
Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010.
Binsbergen, Wim van. See no evil, hear no evil, speak no evil commenting on five papers on evil in
contemporary Africa.
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications.
https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Dunn, M., S. Greenhill, S. Levinson and R. Gray. Evolved structure of language shows lineage-specific trends
in word-order universals. Nature 473 (2011): 79-82.
Etimologiebank. https://www.etymologiebank.nl/
Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,
Russian State University for the Humanities.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language
Relationship揃仂仗仂 磶从仂于仂亞仂 仂亟于舒
Haase, Fee-Alexandra. Protolanguages Vs. Linguistic Networks Across Language Branches. A Basic
Inventory For Relations Of Concepts In Prehistoric States Of Linguistic Communicatio.
J辰ger, Gerhard. Support for linguistic macrofamilies from weighted sequence alignment. Department of
Linguistics, University of T端bingen, 72074 T端bingen, Germany. Edited by Barbara H. Partee, University
of Massachusetts at Amherst, Amherst, MA, and approved August 25, 2015
Siegfried, Tom. Murray Gell-Mann gave structure to the subatomic world: Best known for his quarks, he was
also a complexity pioneer. ScienceNews.
Wyk, G.J. van. (2003), Etimologiewoordeboek van Afrikaans, Stellenbosch
16. 16
Aanhangsel A
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages.
An article from the Journal of Language Relationship_2009_001, p 40.
17. 17
Aanhangsel B
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages.
An article from the Journal of Language Relationship_2009_001, p 41.