21. Vir 'n lading om te kan vloei, is 'n krag
nodig en dit word voorsien deur die
stroomspanning, ook genoem die
potensiaalverskil en dit word gemeet
in Volt.
22. Die vloei van lading of die hoeveelheid elektrone
wat deur die draad vloei, word die stroom genoem
en dit word gemeet in Ampere.
Tipes stroom
Wisselstroom (WS) is elektriese stroom waar die rigting van die
vloei van positiewe(+)elektrone heen en weer beweeg. Hierdie is
n stroom wat vloei in kragdrade en huishoudelike elektrisiteit
soos muurproppe.
Gelykstroom (GS) is elektriese stroom wat heeltyd in een
rigting vloei. Hierdie is n stroom wat vloei in 'n flits of ander
toestel wat met batterye werk.
23. Goud, silwer en koper het atome wat so gerangskik is
dat elektrone maklik daardeur kan beweeg met min
wrywing of weerstand.
In 'n nie-geleier of swak geleier, is die atome so
gerangskik dat dit die beweging van elektrone baie
moeilik maak. Glas, plastiek, en hout het 'n ho谷
weerstand, wat beteken dat elektriese stroom nie
maklik deur hierdie materiale kan beweeg nie.
Resistors laat elektrone toe om te vloei maar toon
weerstand. Die weerstand of elektriese wrywing word
gemeet in Ohms.
24. Die tempo waarteen energie van een vorm in n
ander verander word. Met ander woorde, die
hoeveelheid energie wat n elektriese toestel elke
sekonde gebruik. Krag word gemeet in watt, en
is die spanning vermenigvuldig met die stoom.
W = I x V.
38. Ho谷rwaarde resistors
Word gekodeer deur vier gekleurde
bande. Verskillende kleure het
verskillende waardes.
1ste en 2de band = 1ste 2 syfers
3de band = Vermenigvuldiger
4de band = Toleransie of Akkuraatheid
41. 1. Wat is die weerstand waarde van die
volgende resistor?
2. Teken resistors met die volgende waarde:
2.1 32 000 ohm, toleransie 5%
2.2 2500 ohm, toleransie 2%
50. Elektriese stroombane bestaan uit 4
komponente, naamlik:
1. Energiebron: n sel, battery, kragopwekker.
Die toestel verskaf energie nodig vir die
elektrone om te beweeg sodat die stroom
kan vloei.
2. Beheer toestel: n skakelaar. Die toestel
voltooi of onderbreek die stroombaan.
51. 3. n Geleier: Gewoonlik n draad gemaak van
koper.
4. Uitset toestel: n Toestel waar elektriese
lading energie kan verplaas, byvoorbeeld n
gloeilamp, n elektriese motor, n klokkie, n
luidspreker, ens. Hierdie toestel moet n
interne weerstand h棚.
54. Elektroniese apparate het inset- en
uitsetkomponente.
Die uitset is wat gebeur of wat veroorsaak
word deur n elektriese stroom.
Die insetkomponente is die komponente wat
die proses aan die gang sit.
55. Skakelaars word gebruik om die vloei van die
stroom deur n stroombaan te beheer.
Handskakelaars sluit in: drukskakelaars,
enkelpool-enkelslag-skakelaars
(EPES),enkelpool-dubbelslag-skakelaars
(EPDS) of dubbelpool-dubbelslag-skakelaars.
56. Drukskakelaars:
n Drukskakelaar voltooi n stroombaan
wanneer dit afgedruk word. Die stroombaan
is oop as die skakelaar nie afgedruk word nie
bv. n deurklokkie.
59. In die volgende stroombaan vloei die stroom deur die
geleidraad en skakelaar.
Die skakelaar koppel die stroombaan by punt A en gloeilamp L1
gloei, maar gloeilamp L2 nie. As jy die skakelaar na die ander
kant toe druk, vloei die stroom deur punt B (gloeilamp L1 hou
op gloei, maar gloeilamp L2 begin gloei). Bv. n Kar se helder
ligte en dompligte.
L1
L2
A
B
60. Komponente in n elektroniese stroombaan wat net elektrisiteit
in een rigting gelei.
Lig-emissie diode (LED)
LEDs word gebruik as aanduider van krag. Hoe meer stroom deur
'n LED
gaan, hoe helderder sal dit skyn.
Voordele van LED's is dat hulle klein is, 'n lang lewensduur het,
hulle benodig
min elektrisiteit.
LEDs moet reg om gekoppel word om te werk. Die negatiewe kant
is die kort
been en die plat kant van die liggie.
61. 'n LED moet nooit direk aan 'n battery met 'n hoe stroomlading
gekoppel
word nie, dit sal uitbrand.
Koppel altyd 'n LED in serie saam met 'n resistor.
LEDs is beskikbaar in rooi, oranje, geel, groen, blou en wit.
Blou en wit LEDs
is baie duurder as die ander kleure.
Die kleur van die LED word bepaal deur die semi-geleier
materiaal en nie
deur die kleur van die plastiek omhulsel nie.
62. Hoe om 'n LED in 'n stroombaan te koppel
Wees versigtig:
Die elektriese stroom kan slegs van een rigting deur 'n LED gaan.
Die
pyltjie in die simbool, op die stroombaan diagram, dui die rigting
waarin
die elektriese stroom deur die LED sal beweeg aan.
'n Elektriese stroom wat van die positiewe terminaal van die
battery
kom sal deur die LED van links na regs beweeg en deur die plat kant
van die LED uitgaan.
'n LED sal blaas as die elektriese stroom wat daardeur vloei te
groot is.
Dit kan gebruik word saam met 'n 1.5V battery, maar as jy dit saam
met 'n 9V battery gebruik, moet jy 'n 1K立 resistor gebruik om dit te
beskerm.
Die resistor sal die stroom wat daardeur gaan beperk.
63. Transistors word gebruik om elektroniese stroombane te
beheer. Dit kan gebruik word as skakelaars of dit kan dien as
stroomversterkers.
n Basiese transistor het drie bene, genoem die basis, die
kollektor en die emitter.
C
E
B
64. Spesiale resistors wat reageer op sekere omgewingstoestande
soos hitte, lig, beweging of vog.
LAR (Lig-afhanklike resistor)
n Stroombaan komponent waarvan die weerstand by lig
afneem. n Fotosensitiewe plaat op die resistor registreer
verandeinge in ligvlakke. In donkerte of dowwe lig het die LAR
ho谷 weerstand. In helder lig het dit n lae weerstand.
65. Termistor
n Termistor is sensitief vir veranderinge in temperatuur. Die
termistor skakel die stroombaan aan as dit baie warm word.
Gewoonlik daal termistors se weerstand soos wat die
temperatuur styg. Alhoewel daar is ook termistors wat se
weerstand egter toeneem soos wat die temperatuur styg.
Termistors word dikwels gebruik om mense te waarsku as iets
baie warm is, byvoorbeeld in brandalarms.
66. Komponente wat energie kan stoor en dan elektriese energie
vrystel. Hoe ho谷r die kapasiteit hoe meer lading kan dit stoot.
Kapasitors word dikwels in serie met resistors gebruik om n
tydvertraging te bewerkstellig.
Bv. Dit kan gebruik word om die toestel te stel om op sekere tye
aan te skakel.