2. 2
Hond en Kat in die Oertaal
en Brak en Siebie
Pieter Uys
Orchards, 2021
3. 3
Kat
Die woord 'kat' is klaarblyklik 'n oer-oue woord, omdat dit in soveel verskillende tale regdeur die w棚reld
voorkom, in variante van kat, kats, kit, ket, ked, kot, kes en kotter.
Navorsing dui daarop dat die oorsprong van die huiskat by die Midde-Oosterse wildekat, Felis silvestris
libyca, l棚, sowat 12,000 jaar gelede. Domestikasie het waarskynlik in Egipte plaasgevind, waar katbeeldjies
gevind is wat tot 2300 vC terugdateer. In die graftombe van Baket III by Beni Hassan uit 1950 vC is n
skildery van n kat wat n rot konfronteer. Vanaf 1450 vC is daar volop afbeeldings van katte in graftombes
by Thebes.
Van Egipte af het die kat na die Griekse en Romeinse w棚reld versprei, waar die woord cattus gebruik is. In
Hebreeus is dit 廬 khat炭l, en in Baskies, wat geen familiebande met die omringende tale het nie, is dit
katu. Hoewel daar altyd katte in die woude van Europa was, het die Germane die woord *kattn- by die Ou
Europe谷rs geleen, wat beteken dat laasgenoemde dieselfde stam gebruik het, of die woord by die Grieke
en Romeine geleen het.
4. 4
Of dit kom uit Proto-Oeraals, waar n wesel *k辰w辰 genoem is. Noord-Afrika is nog n moontlike bron vir
die oorsprong van die woord, in die lig van Berber en Nubies kadd樽ska wilde kat en Nubies kadis, wat in
Arabies
愀 qi畊畊 geword het.
In die hedendaagse Arabiese dialekte van Egipte en Siri谷 word die woorde 惡愕悸/惡愕 biss/bisse gebruik, wat
mens aan Engels pussy herinner, n term wat uit die 16de eeu dateer en uit Nederlands poes of
Nederduits puuskatte mag kom. Sweeds het kattepus, en Noorweegs pusekatt. Soortgelyke vorme
bestaan in Litous, pui転 en Iers, puis鱈n of puisc鱈n.
Of bogenoemde term enigiets met die Egiptiese B'sst, Baast, Ubaste, of Baset te doen het, sal mens nooit
weet nie.
5. 5
n Ander woord is op die taak van die kat gebaseer, soos Engels mouser, Italiaans micio, Spaans micho,
Frans minet, Romeens mutzu", wat almal na muisvanger verwys.
Sanskrit het 爐爐鉦ぐ爛爐鉦ぞ爐萎 maarjaari, 爐爐逗ぁ爐鉦げ爛 bidaali, 爐
爛 爐爛爐爐 kundama, 爐爐萎爐項爐朽ぞ爐: jivahapah en 爐爐爐伍爐: payasyah.
潤堰 爼爼逗迦爼 牋牋逗芦牘牋迦或 求 娟奸嫂娶 ≡
6. 6
Die vierde term is die onomatopiese [miao] of [miw] wat ook in antieke Egipties gebruik is, en in Oosterse
tale soos Chinees en Thai aangetref word. In die Indiese subkontinent word ander terme gebruik, wat
moontlik op woorde vir klein wilde soogdiere gebaseer is.
Dans daar die Germaanse suffiks -kat wat vir ander klein soogdiere gebruik word: Deens l脱katt,
Noorweegs r淡yskatt en Sweeds lekatt wat na n wesel verwys. Oud-Noors igulk寧ttr en moderne Sweeds
igelkott vir krimpvarkie. Dieselfde as Afrikaans meerkat en muskejaatkat.
Sumeries
7. 7
Chauvet
Die Chauvet-grot in Frankryk bevat honderde tekeninge wat tussen 20,000 en 30,000 jaar oud is. Vreemd
genoeg is daar nie n enkele afbeelding van n wolf nie, moontlik omdat dit as taboe beskou is.
Gelukkig bewaar die grot iets anders ook die voetspore van n kind en n hond. Die middelste toon van
die voorpoot is kort, soos di辿 van n hond, wat n wolf uitskakel. Die voetspore word op 26,000 jaar gelede
dateer.
Daar bestaan oerwoorde vir hond, maar die situasie is nie so eenvoudig soos by kat nie.
8. 8
Die oudste woord wat in Nostraties (+/- 10 12 000 jaar gelede) gerekonstrueer kan word, is *kwan, wat in
Proto-Indo-Europees *kw畊n geword het, en vandaar in Germaans: hund, Latyn: canis, Frans: chien [shien],
Litous: siens, Sanskrit: chvan, ens. (k kan na s, sh, h en ch verander; w kan na v, p, b, u en o verander; n kan
in d, l of r verander of verdwyn).
Die probleem is dat hierdie etimologie in baie van die dogtertaalfamilies van Nostraties, die woord vir wolf,
vos of jakkals is. In Oeraals (Fins, sami) en Eskimo is dit wolf, in Afro-Asiatiese tale kan dit hond of wolf
wees, in Amerindiese tale kan dit jakkals of hond wees: Tewa tuxwana coyote, Zacapoaxtla kwiin-
ti hond.
In Khoisan verwys die word na hi谷na.
Die Indo-Europese woorde vir hond in Germaans, Romaans, Armeens en Balties (behalwe in Spaans, en
Engels dog uitgesluit) het almal uit dieselfde stam ontwikkel. Die volgende kom uit Merrit Ruhlen en John
D Bengtson se Global Etymologies, n lys van etimons waartoe lingu誰ste soos Trombetti, Swadesh,
Greenberg, Illich-Svitych, Dolgopolsky en Starostin bygedra het.
9. 9
Woorde vir Hond
Hierdie is nie rekonstruksies nie, en bloot n poging om die mees algemene betekenis aan n fonologiese
vorm te koppel.
FAMILIE GROEP TAAL VORM BETEKENIS
Afro-Asiaties Proto-AA *k(j)n
Alta誰es Mongools qani wilde hond
Turks Ou Turks qanciq teef
Amerind Hokan Achomawi ku-an jakkals
Tonkawa ekuan
Sentrale Amerind Jemez kiano
Tewa tuxwana jakkals
Popoloca kuniya
Austronesies Proto-Oseanies *nkaun
Baskies haz-koin ratel (beerhond)
Eskimo-Aleut Sirenik qana粒a wolf
Himalajies Proto-Sino-Tibetaans *qhw脹j
Arga誰ese Chinees *khiwen
Indo-Europees Proto-Indo-Europees *kwon *kun
Italies Latyn can(-is);
Indies Sanskrit cvan
Proto-Germaans *hundaz
Indo-Pasifies Pila kawun
Saki kawun
Wodani kawino
Kaukasies Proto-Kaukasies *Hweje
Proto-Avar-Andi *wo歎i
Proto-Lezghies *Iw即aja
10. 10
Khoisan Tuu /Xam !gwa脹 hi谷na
Kxa !Kung /gw卒I hi谷na
Tuu Nng /xaI hi谷na
Koreaans ka
Oeraals Proto-Oeraals *k撤jn辰 wolf
Finno-Oegries Sami gaidne wolf
Udmurt kyjon wolf
Komi koin wolf
WELPIE
Die woord vir welpie in Nostraties is *Kwelb en in Proto-Indo-Europees *kwelp. Afrikaans welpie.
Semities; Arabies kalb = hond; Hebreeus keleb = hond.
Die woord vir jakkals het dikwels die vorm CVC(C)VC, byvoorbeels tsakur in Baskies.
11. 11
BRAK
Die lingu誰s Arnaud Faurnet beweer dat die name van mak diere in Germaans uit n substratumtaal
(Waskonies?) van Ou Europa kom, wat dus aan Baskies en Noord-Kaukasies verwant is.
Noordoos-Kaukasies het nog voorvoegsels (net soos Zulu
en ander Ntutale) wat woorde in klasse verdeel. In Baskies
kan mens die oorblyfsels sien, maar dit vorm nie meer
woordklasse nie. Een daarvan is die voorvoegsel m(a)- vir
skape, bokke, beeste, brakke en varke.
Die stam *rag- verwys na bloedhond, en het n prefiks-
variant, *m-> *b-: Substratiese Wes-Germaans *brakka(n).
Moontlike comparanda is Germaans *rauk-, *r(e)uk- = rook /
reuk.
Elamitiese Spitshond
12. 12
SIEBIE
Oud-Hoog-Duits zoha teef lyk na Yslands t坦a jakkalswyfie. Met die verkleinsuffiks gee dit in Duitse
dialekte variante soos tiffe, tifte, twe, tispe, tipse, ziwwe, zibbe en zeische. Zibbe kan verwys na
haaswyfie, ooi, teef, en ooilammetjie.
13. 13
Bibliografie
Grimm, Guido en Johann-Mattis List. (2017) Man gave names to all those animals: cats and dogs.
http://phylonetworks.blogspot.com/2017/10/man-gave-names-to-all-those-animals.html
J辰ger, G. (2015) Support for linguistic macrofamilies from weighted alignment. Proceedings of the
National Academy of Sciences 112: 12752-12757.
Kroonen, G. (2013) Etymological dictionary of Proto-Germanic. Brill: Leiden and Boston.
List, J.-M. and R. Forkel (2016) LingPy. A Python library for historical linguistics. Max Planck Institute for
the Science of Human History: Jena.
Lloyd, Ellen (2016) 26,000-Year-Old Footprints In Chauvet Cave: Oldest Evidence Of Human-Canine
Relationship. https://www.ancientpages.com/2016/12/29/26000-year-old-footprints-in-chauvet-cave-
oldest-evidence-of-human-canine-relationship/
Mandelbaum, Ryan F. Ancient Cave Art Depicts Oldest Evidence of Dogs Wearing Leashes.
https://gizmodo.com/ancient-cave-art-depicts-oldest-evidence-of-dogs-wearin-1820606741
Schuster, Ruth. (2013) Word of the Day / Khatool - The Word Cat: Evidence of an Ur-language in
Proto-humans? https://www.haaretz.com/.premium-word-of-the-day-khatool-1.5290863
Serpell, J. (2013) The Domestic Cat: Domestication and history of the cat.
DOI:10.1017/CBO9781139177177.011Corpus ID: 132428847