3. Mengtale
Engels is die mees prominente voorbeeld van n mengtaal - n taal waarvan die woordeskat meer
leenwoorde as oorspronklike woorde bevat. Moderne Engels se woordeskat is 25% Germaans en twee
derdes Romaans (veral Latyn en Frans). In die wetenskap en tegnologie het Engels n enorme Griekse
leenwoordkorpus. Die name van basiese konsepte spruit uit Angel-Saksies en Ou-Engels, sowel as die
voorsetsels en konjunksies, en die voornaamwoorde behalwe they, their en them (Skandinawies). Engels
bly egter n Germaanse taal weens die kernwoordeskat (Swadeshlys) wat uit-en-uit Germaans is.
Albanies
Albanies (shqip [cip]) met sowat 7.5 miljoen sprekers w棚reldwyd is 'n Indo-Europese taal wat
hoofsaaklik in die Balkan gepraat word. Albanies is n amptelike taal in Albani, Kosovo, Masedoni,
Serwi, en Griekeland, en n erkende minderheidstaal in Itali, Montenegro en Kroasi.
4. As n onafhanklike tak van die Indo-Europese familie, is Albanies nie besonder naby verwant aan enige
ander Indo-Europese taal nie. Dit stam waarskynlik uit die Illiriese taal wat in dieselfde gebied gepraat is
in Romeinse tye.
Die hoof- dialekgroepe is die noordelike Gheg en suidelike Tosk, met die Shkumbinrivier as grens.
Standaard-Albanies is op Tosk gebasser.
Deur die eeue is n aansienlike deel van die Albaniese leksikon deur leenwoorde vervang; die persentasie
word op meer as 80% geskat. Die mees omvangryke influks het in die Klassieke Era uit Latyn gekom.
Sowat 60% van die leksikon bestaan uit Latynse stamme. Ander leenwoorde kom uit Italiaans, Grieks,
Suid-Slawies en Turks.
Standaard-Albanies het 29 konsonante en sewe klinkers. Die mees algemene woordorde is Onderwerp-
Werkwoord-Voorwerp. Naamwoorde is manlik, vroulik of onsydig, en word verbuig vir enkel- en
meervoud en vir naamval: nominatief, akkusatief, genitief, datief, ablatief en lokatief in sekere dialekte.
Die werkwoord-struktuur is analities wat uit n vroere sintetiese vorm ontwikkel het; die werkwoord het
agt tenses en ses modale vorme.
Van die tweede eeu vC tot die vyfde eeu nC was daar intense kontak tussen Albanies en Latyn. Tussen die
sewende en negende eeue het Albanies baie by Suid-Slawies geleen, en van die negende eeu af het
Roemeens grootskaals by Albanies geleen.
Albanies en Roemeens deel fonologiese, morfologiese en sintaktiese kenmerke en idiome, wat op
intieme en langdurige kontak dui.
5. Maltees
Maltees (Malti) is die nasionale taal van Malta en die enigste Semitiese taal wat n amptelike taal van die
Europese Unie is. Maltees het sowat 532,000 sprekers waarvan 380,000 op Malta, Gozo en Comino
woon.
Maltees stam af van Siciliaanse Arabies wat dateer uit die Emiraat van Sicili (831 1091). Siciliaanse
Arabies was n Maghrebi-dialek uit Tunisi. Sedert die Normandiese verowering van Sicili in 1091 het
Maltees afsonderlik van Klassieke Arabies ontwikkel. Die taal is dus anders as die 30 variteite waaruit die
moderne Arabiese makrotaal bestaan. Die morfologie van Maltees is hewig deur Italiaans en Siciliaans
be誰nvloed.
Die kernwoordeskat van Maltees is Semities: Die Arabiese fondament maak sowat een-derde van die
leksikon uit, te wete woorde vir basiese konsepte soos ra帖el (man), mara (vrou), tifel (seun), dar (huis),
xemx (son), sajf (somer).
6. Omtrent 50% van die Maltese leksikon kom uit standaard-Italiaans en Sicilies. Die plattelandse dialekte is
nader aan Siculo-Arabies as die stedelikes en Standaard-Maltees. Maltees is die enigste Semitiese taal wat
in die Latynse alfabet geskryf word.
Maltees het vyf kort klinkers, / 肘 /, geskryf as: a e i o u; ses lang klinkers, / 肘 i /, geskryf: a, e,
ie, i, o, u. Oorspronklike Arabiese konsonante soos /d/, /丹/, and /d砲/ is in Maltees vereenvoudig tot /d/.
Werkwoorde het die kenmerkende Arabiese patroon van drie stamkonsonante, en neem prefikse,
suffikse en infikse. Soos Arabies het Maltees twee tenses: teenwoordig / toekomstig vs voltooide tyd.
7. Armeens
Armeens word deur sowat sewe miljoen mense w棚reldwyd gepaat. Die twee hoof- dialektiese groepe is
Wes- en Oos-Armeens. Oos-Armeens word hoofsaaklik in die Republiek van Armeni en Artsakh, Iran en
Rusland gepraat. Wes-Armeense dialekte word in Armeni, in SamtskheJavakheti provinsie van Georgi,
en in Abkhazia gepraat, en in die Armeense diaspora.
Armeens bevat verskillende lae van Iraanse leenwoorde, veral uit Middel-Persies en Parthies, en wat tot
by die tyd van die Persiese Ryk terugstrek. Die taal beskik ook oor leenwoorde uit die antieke Anatoliese
tale soos Luwies, en ander antieke en moderne tale soos Akkadies, Horities, Oerarties, Grieks, Aramees
en Turks.
Die Hoofstad van Armeni, Yerevan, se oorsprong is n milit棚re fort Erebuni wat in in 782 BC deur Koning
Argishti I (r. ca. 785753 BC) van Biainili (Urartu) gestig is.
8. Moderne Armeens het agt klinkers en 31 konsonante, waarvan die uitspraak verskil tussen die Westerse
en Oosterse dialekgroepe.
In struktuur kom Armeens met ander Indo-Europese tale ooreen, maar dit deel ook klanke en
morfologiese elemente met Georgies en die Nakh-Dagestaanse tale van die Kaukasus, soos ejektiewe
konsonante. Die taal het komplekse konsonantstapeling aan die begin en in die middel van woorde.
e.g., trchun vol en tsnvum gebore.
In die Indo-Europese konteks word Armeens, Grieks en Indo-Iraans as n subgroep saamgroepeer.
9. Nihali
Nihali (ook Nehali, Nehari of Nahali)) word in die Satpuraheuwels van Madhya Pradesh en die
Buldhanadistrik in Maharashtra gepraat, deur sowat 3,000 individue. Dis reg in die middel van die Indiese
subkoninent. Hulle eiebenaming is Kalto en die taal kalo mani. Byna al die manssprekers is tweetalig in
die Mundataal Korku en/of Marathi.
Die geheim van Nihali is sy misterieuse kern en tot dusverre onklassifiseerbaarheid. Die leksikon en die
morfologie van Nihali toon n massiewe invloed van byna al die taalfamilies waarmee dit in kontak gekom
het. Kuiper (1962) skat dat die leksikon van Nihali uit sowat 40% Munda-elemente bestaan, 9% Drawidies,
20% Indo-Aries (Hindi en Marathi) en 25% wat onbekend is.
Die Nihal het in die 1800s onder die Britse koloniale regering, en voor die tyd, n reputasie gehad as
rowers. Van 1896 tot 1899 het die mense swaar verliese gely weens siekte en hongersnood. Daarna het
die oorlewendes n heenkome by vredeliewende landbouers, die Korku gevind. Nihalisprekers woon
tipies as minderhede in die dorpies van die Korku. Hulle is seisoenale vryskut-woudwerkers of staan in
diens van die Korku.
10. Geen ondertrouery vind plaas nie, en die Korku- en Marathi-sprekers beje谷n die Nihali met n mate van
agterdog, ook weens n reputasie vir toordery. Alle Nihalimans is minstens tweetalig met Korku, en soms
drietalig met n Marathidialek as derde taal. n Drawidiese taal, Gondi, word ook in die gebied gepraat.
Korku is n Austro-Asiatiese taal van die noordelike Mundatak, met naaste verwante Mundari en Santali
na die ooste. Die grootste bydraer tot die Nihali leksikon is Korku, gevolg deur plaaslike dialekte van
Marathi en Hindi, te wete Varhadi en Nimari. Die Drawidiese laag sluit meer as die nabygelee Gondi in,
terwyl ander, veral suidelike Mundatale, ook tot die antieke laag bygedra het. Dan bly daar nog 24%
leksikale items oor wat geen verband hou met ander tale van Indi谷 nie.
Die algemene opinie in die verlede was om Nihali as n Mundataal te beskou, maar daar is aspekte aan
Nihali-grammatika wat drasties van Munda verskil. Sekere leksikale en strukturele eienskappe kom glad
nie in Austro-Asiatiese tale voor nie. Historiese lingu誰ste huldig deesdae uiteenlopende menings, onder
meer dat Nihali n band met Ainu van Japan het, terwyl ander weer vermoed dat daar n konneksie met
Kusunda van Nepal of selfs met Afro-Asiatiese tale in Oos-Afrika kan wees.
11. Bibliografie
Bla転ek, V叩clav. 1996. Seeking the relatives of Nihali. Mother Tongue, Issue 11, December 1996.
Hamp, Eric P. "Albanian", in Encyclopedia of Language and Linguistics. 2 vols. Edited by R. E. Asher. Oxford: Pergamon, 1994,
pp. 1:657.
Ivanov, Vyacheslav V. The Indo-European Homeland in the Near East: New Evidence. Bulletin Of The Georgian National Academy
Of Sciences, vol. 175, no. 3, 2007.
Kozintsev, Alexander. 2019. Proto-Indo-Europeans: The Prologue. Journal of Indo-European Studies, vol 47.
Nagaraja, K S. The Nihali Language : Grammar, Texts And Vocabulary [PDF]
Petrosyan, Armen Petrosyan. 2005. Problems Of Armenian Prehistory. Gitutyun Publishing House, Yerevan.
Ram坦n, Jos辿 Luis Garc鱈a. 2017. Old Indo-Aryan Lexicon in the Ancient Near East: Proto-Indo-European, Anatolian and Core Indo-
European. Atti del Sodalizio Glottologico Milanese. Milan.
Samuelian, Thomas J. Armenian Origins: An Overview of Ancient and Modern Sources and Theories.
Whitehouse, Paul. External relations of Nihali and Kusunda. In: Mother Tongue, Journal of the Assoc for the Study of Language
in Prehistory, issue III, Dec 1997.
Wescott, Roger Williams. Nihali phonemes. In: Mother Tongue, Journal of the Assoc for the Study of Language in Prehistory,
issue III, Dec 1997.
Zide, Norman. On Nihali. Mother Tongue, Issue 11, December 1996.
Pieter Uys, Orchards, 2021
Albanian Armenian English Maltese Nihali loanwords lexicon mixed languages Iranian Parthian
Latin Italian Arabic Munda phonology Semitic language contact Indo-European Middle Persian
Gheg Tosk