2. 2
n Vergelykende studie van
Den辿-Sino-Kaukasies, Eurasiaties,
Niger-Kongo & Nilo-Saharies
volgens die hoofkenmerke
en die prototaal van
elke familie
Pieter Uys, Orchards, Aug 2021
4. 4
Die Moedertaal
Die bewustelike of onbewustelike soeke na die Moedertaal, Proto-Mens of Proto-W棚relds, het n
belowende fase betree sedert die stigting van die Tower of Babel: Evolution of Human Language-projek
en die Global Lexicostatistical Database (GLD).
Di辿 vordering is te dankie aan die werk van navorsers soos onder andere John D Bengtson, Allan R
Bomhard, Murray Gell-Man, Petra Goedgebuure, Paul C Ryan, George Starostin, Roger Blench, Martine
Robbeets, Wim van Binsbergen, John McWhorter, Fee-Alexandra Haase, Valentyn Stetsyuk, Frederik
Kortlandt, Theo Vennemann en Peter Schrijver.
Hierdie skrywe is n huldeblyk aan voorgangers soos Joseph Greenberg en Merritt Ruhlen wie se
pionierswerk tot in lengte van dae waardeer sal word.
Die genetiese en historiese lingu誰stiek se bewuswording van die prototale van die Laat Paleolitikum en
Mesolitikum verteenwoordig n deurbraak. Die gevolglike ontdekking van die Boriese konsepstamme is
n坦g n betekenisvolle mylpaal. Om realisties te wees: Bories is waarskynlik die naaste wat ons ooit aan
die mitiese moedertaal sal kom, maar dalk 鱈s dit sy onder n skuilnaam.
Verdere navorsing oor die prototale sal die vakgebied ryklik beloon. Die tyd is ryp om Den辿-Sino-
Kaukasies, Eurasiaties en die konsep van Niger-Saharies met hernieude ywer aan te pak. In di辿 verband
beskou die skrywer dit as prioriteit om n eenvoudige raamwerk te bou vir n vergelykende studie van
twee van Afrika en twee van 掘顎姻温壊庄 se prominente taalfilums.
Den辿-Sino-Kaukasies (DSK) het waarskynlik sowat 14,000 jaar gelede ontstaan en rondom 10,000 jaar
gelede verbrokkel. Haar afstammelinge word vandag in Tibet, China, Myanmar, Bhutan, n deel van
Frankryk en Spanje, die Kaukasus, en dele van die Himalayas, Siberi, Alaska, oostelike Kanada en die
suidwestelike VSA gepraat.
Eurasiaties is jonger, beraam op tussen 10,000 en 8,000 jaar gelede, en het waarskynlik uit Den辿-Sino-
Kaukasies ontstaan. Die sprekers van die afstammelinge van Proto-Eurasiaties bewoon die hele Europa,
die Amerikas, Suidwes-Asi, die Indiese subkontinent, Siberi, Korea en Japan, en sluit families in soos
Indo-Europees, Transeurasies en Uralo-Siberies.
Nilo-Saharies is waarskynlik Afrika se eweknie van DSK, wat aan die einde van die hiper-ariede Ogoliese
era begin versprei het. Die Sahara het oornag groen geword, n woudland-savannah bestrooi met mere
en riviere. Verskeie prominente lingu誰ste is van mening dat Niger-Kongo uit Nilo-Saharies ontstaan het
(soos Eurasiaties uit DSK), en die term Niger-Saharies word gebruik vir die hipotetiese moedertaal
van NS en NK.
7. 7
Morfol0gie
Drie hoof- morfologiese taaltipes word in w棚reldtale onderskei. Die analitiese vorm is soos Chinees wat
byna geen morfologie het nie, waarin grammatiese inligting sintakties ge谷nkodeer word deur reekse
enkelwoorde. Hierdie tipe morfosintaksis word analities of isolerend genoem aangesien n enkele
morfeem n enkele aspek van betekenis oordra.
Agglutinerende (agglutinale) tale bou woorde op deur morfeme soos n ketting aan te ryg, waar elke
morfeem n diskrete semantiese eenheid is. n Voorbeeld van so taal is Turks, waar die
woord evlerinizden (vanaf julle huise) bestaan uit die morfeme ev-ler-iniz-den, wat beteken huis-
meervoudsvorm-julle-vanaf.
n Spesifieke tipe agglutinerende taal word polisinteties genoem. So n taal kan die ekwivalent van n
hele Afrikaanse of Engelse sin in een woord uitdruk, byvoorbeeld Yupik tuntussuqatarniksaitengqiggtuq
(Hy het nog nie weer ges棚 dat hy rendiere gaan jag nie) bestaan uit die morfeme tuntu-ssur-qatar-ni-
ksaite-ngqiggte-uq met die betekenisse, rendiere-jag-toekoms-s棚-ontkenning-weer-derde persoon-
enkel-aanwysend. Buiten die morfeem tuntu (rendiere) kan nie een van die ander morfeme in
isolasie voorkom nie.
Die derde tipe is fusionele tale, waar verskeie betekenisse in n enkele morfeem kombineer word. In
Latyn byvoorbeeld, bestaan die woord bonus (goed) uit die kern bon-, wat goed beteken, en die
agtervoegsel -us wat manlik is en dui op die enkelvoud, en die nominatiewe naamval. Litous, n Indo-
Europese taal, is die prototipe fusie-taal.
Proto-Eurasiaties lyk na n tipiese agglutinerende taal terwyl PDSK polisinteties was. Die onderskeie
afstammelinge verteenwoordig uiteenlopende en gemengde tipes, byvoorbeeld Navajo is polisinteties
met fusionele elemente en Noordwes-Kaukasies dieselfde, Tibetaans is agglutinerend en die Chinese
tale en Burmees is tonaal-analities.
8. 8
Eurasiatiese tale soos Latyn, Italiaans, Spaans, Letlands en Litous is fusioneel, die meeste Uralo-
Siberiese (Fins, Estnies) en Transeurasiese (Turks, Mongools) tale is agglutinerend, en Eskimo is
polisinteties. Engels en Afrikaans is semi-analities. Tonaliteit kom nie algemeen onder die
afstammelinge van Eurasiaties voor nie.
Proto-Nilo-Saharies was n agglutinerende toontaal met fusionele elemente; die uiteenlopende vorme
van die dogtertale is dikwels aan streeks-be誰nvloeding te wyte (Afro-Asiatiese en Niger-Kongotale).
Werkwoorde is die mees komplekse deel van Nilo-Sahariese grammatika met n uitgebreide merkstelsel
vir persoon, getal, tyd, aspek en stem. Nilo-Saharies het oor die algemeen meer suffikse as prefikse
maar verbuigings- en afgeleide prefikse toon groter weerstand teen fonetiese erosie of samesmelting
met leksikale stamme, as die suffikse.
Daar bestaan nog nie n rekonstruksie van Proto-Niger-Kongo nie, maar al die navorsing dui op n
agglutinerende struktuur met tonaliteit. Proto-Ntu is wel gerekonstrueer met n klein stelletjie
morfeme wat 11 konsonante en sewe vokale insluit: *p *t *c *k *b *d *g *j *m *媛; *i *肘 *e *a *o * *u;
sowel as Hoog en Laagtone. Lettergrepe het die vorm (N)CV(V) waar (N) vir die nasaal in kombinasies
soos /mb, ng/ staan.
Een van die belangrikste morfologiese eienskappe van die Ntutale is die naamwoord-klasstelsel. Elke
selfstandige naamwoord behoort tot n klas met n voornaamwoord, prefiks, en n stel skakels om
bywoorde, byvoeglike naamwoorde en werkwoorde daarmee te integreer.
Die werkwoordstam kry n stel prefikse en soms verbuigings aan die einde. Die morfologiese vorm van
Ntuwoorde is CV, VCV, CVCV, VCVCV, wat beteken dat die meeste woorde op n klinker eindig omdat
geslote lettergrepe (CVC) vermy word. Op enkele utsonderings na het die Ntutale tussen twee en vier
registertone. Sinskonstruksie is SVO wat onderwerpskakels, voorwerpskakels en die werkwoordstam
insluit.
9. 9
Geslag of Naamwoordklas
Naamwoordklas Geslag M/F Mens/Nie-M Geen
DSK
NO-Kaukasies
Burushaski
Chinees
Eurasiaties Indo-Europees Anatolies
Uralo-Siberies
Transeurasies
Niger-Kongo Ntu Atlantic
Nilo-Saharies
Turkana
Kado, Bari,
Baga
Niloties
PDSK het naamwoordklasse gehad, met die prefikse *u- manlik, i- vroulik, *w-/*b-/*m- sluit liggaamsdele,
liggaamsvloeistowwe en sekere diere in, *r/*d vir diere en natuurverskynsels wat ook *s en *a insluit. Di辿 stelsel
is steeds springlewendig in die Noordoos-Kaukasiese tale met hulle twee tot agt klasse, in Burushaski met vier en
in Jenisei (Ket) met drie. Die gestolde reste van so n stelsel is steeds sigbaar in Baskiese naamwoorde hoewel
die stelsel nie meer funksioneer nie. Tibetaans het ook sulke gestolde prefikse, byvoorbeeld m-hin lewer, m-
gur keel, m-khal nier, d-gun winter, d-bu kop, d-kyilma middel, ens.
Die naamwoordklasse van Niger-Kongo kan manlik, vroulik, lewendig, nie-lewendig, plekke, plante, diersoorte,
verkleinwoorde en abstrakste konsepte behels. Die prototaal het waarskynlik 23 klasse gehad.
Eurasiaties en Nilo-Saharies het geen onderskeid getref nie. Die ontwikkeling in Eurasiatiese Indo-Europees was
eers Mens-Nie-mens en later Manlik-Vroulik-Onsydig, en dit waarskynlik weens Noordoos-Kaukasiese invloed.
Nilo-Sahariese tale soos Turkana, Kadu, Bari en Baga het later grammatiese geslag ontwikkel, moontlik onder
invloed van die Afro-Asiatiese tale. Nilo-Saharies het wel twee tipes meervoud, gewone en kollektiewe, wat op n
klassestelsel in die prototaal mag dui.
10. 10
Fonologie
Den辿-Sino-Kaukasies se formidabele konsonant-inventaris is veel ryker as di辿 van Eurasiaties; alle
plofklanke en affrikate behalwe /福/ en //) het n stemhebbende, ejektiewe en stemlose artikulasie
gehad. Proto-DSK se arsenaal bestaan uit meer as 40 fonemiese konsonante en agt fonemiese klinkers.
Ter vergelyking: Afrikaans het 23 en Engels 24 konsonantfoneme teenoor die 40 van PDSK.
Vandag leef di辿 ryk klank-inventaris voort in die
Noordwes- en Noordoos-Kaukasiese tale soos
Abkhaz (58 konsonantfoneme), Bzyb (67
konsonantfoneme), Chechen (50
konsonantforneme) en Archi (80
konsonantfoneme). Ook die Amerikaanse
afstammelinge is klankryk, soos die
Athabascantale van Kanada en Navajo met sy 33
konsonante. Burushaski in die Himalajas het ook meer as dertig konsonantfoneme. Onder die 40
konsonante van Proto-DSK is daar volop agterkeelklanke, velare en uvul棚re, wat in Kaukasies,
Burushaski en Na-Den辿 oorleef, maar elders verdwyn het.
Proto-Den辿-Sino-Kaukasies se uitgebreide fonologiese stelsel sluit komplekse sibilant-affrikaat- en
resonantkombinasies in, wat fonologies eenvoudige kognate in Eurasiaties het. Een van PDSK se
uitstaande kenmerke is die oorvloed aan laterale affrikate soos dl, tl en tl (glottale uitspraak). Al drie
van hulle oorleef in die Oos-Kaukasiese tale Avar, Andi en Tsez, en in Na-Dene, soos Navajo dloo
grond-eekhoring, -tle/-tlee sokkies en tlee nag. PDSK het drie reekse sibilante en sibilant-
affrikate gehad: voor /s, c, c, /, palataal /, , 兵/ en agter /邸, , 兵, 年/, waarvan daar nog spore in Baskies
oorbly. PDSK het ook oor n reeks uvulare konsonante beskik wat foneties as / 柊 x, / weergegee
word. Die Franse en die gebreide Afrikaanse /r/ ressorteer hieronder, maar is die resultaat van n ander
tipe ontwikkeling aangesien Eurasiaties nie di辿 reeks gehad het nie.
Eurasiaties beskik net oor die basiese
lateraal /l/: Proto-DSK *HtlwnV winter,
jaar teenoor Eurasiaties *lugV sneeu;
PDSK *tlp blaar (Burushaski *ltap
blaar, Baskies lapar braambos) is die
Eurasiatiese *lVpV blaar, bas, en PDSK
*tlnpV tong, lip is Eurasiaties
*l[a]pV lek, lip.
Nilo-Sahariese tale is tonaal met komplekse klinkerstelsels, en kan toon gebruik om verbuigings soos
naamval, aspek, persoon te merk. Hoewel die noordwestelike groep analitiese elemente het en na
agglutinering neig, behou hulle die kern-eienskappe van infleksionele tale, met interne klinkerwisseling
11. 11
en konsonantwisseling in die stam by woordvorming en by naamvalle en getalle in die naamwoord, en
by oorganklikheid vs onoorganklikheid in die werkwoord.
Die lingu誰ste Bender en Ehret se rekonstruksies van Proto-Nilo-Saharies verskil hemelsbreed. Bender
rekonstrueer minder as 20 konsonante en Ehret meer as 40. Nuer is n Nilo-Sahariese taal met sowat 43
foneme, waarvan 20 konsonante is, terwyl die Nubiese taal Nobiin 19 konsonante en 5 vokale het.
Die Niger-Kongo-tale met die grootste konsonant-inventarisse is die Nguni- en Sothotale van Suidelike
Afrika. SeSotho het 39 konsonante en 9 vokale. Xhosa het 66 konsonante en 10 vokale. Dis n bewese
feit dat Ntu-tale wat oor klieks beskik, ook altyd meer nie-kliek konsonante het as tale wat nie klieks
inkorporeer het nie.
12. 12
Vokaalharmonie
Hoogte Hoogte en
Ronding
ATR Ablaut
DSK NO-Kaukasies
Eurasiaties
Uralo-Siberies
Transeurasies
Mongolies Indo-Europees
Niger-Kongo Ntu Ntu
Nilo-Saharies Niloties
Sentraal
Soedanies,
Surmies, Dinka
Verskeie
Vokaalharmonie is n assimilerende proses waarin die klinkers van n woord almal tot een klas
sinchroniseer. Di辿 vorm van metafonie kom by Eurasiaties, Niger-Kongo en Nilo-Saharies voor.
In Eurasiaties beteken dit meestal dat n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat die vokale van
uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam. Vokaalharmonie kan op hoogte, nasaliteit,
posisie (voor- of agtervokaal) en ander faktore gebou word. In sekere Alta誰ese tale is daar n
rondingsharmonie wat bo-oor die agter-voorvokaalharmonie optree. Mongoolse vokaalharmonie is
klaarblyklik op tongwortelposisie gegrond, n raakpunt met Afrikatale.
Indien n Niger-Kongotaal oor twee stelle klinkers beskik, byvoorbeeld /i e o u/ en /i 竜 a /, mag net
een van die stelle in n woord gebruik word. Die posisie van die tongwortel sorg vir harmonie. Self in
tale sonder vokaalharmonie word daar beperkings geplaas op die aard van die tweede klinker in n
woord. Tongwortelharmonie is waarskynlik deur Nilo-Saharies by Niger-Kongo geleen.
13. 13
Affikse
Hoofsaaklik
Prefiks
Hoofsaaklik
Suffiks
Prefiks +
Suffiks
Min of geen
affiksering
DSK
Athabascan
NW-Kaukasies
NO-Kaukasies
Burushaski
Chinees
Eurasiaties
Indo-Europees
Oeralo-Siberies
Transeurasies
Afrikaans
Engels
Niger-Kongo Ntu
Ewe, Igbo,
Yoruba
Nilo-Saharies Niloties
Proto-Dene-Sino-Kaukasies was n polisintetiese taal wat stringe prefikse en suffikse gebruik het.
Naamwoorde het onder meer klasprefikse en naamvalsuffikse gehad, en werkwoorde het onderwerp-
en voorwerpprefikse gehad, en suffikse vir onder meer tyd en aspek. In Baskies en Tibetaans het die
klasprefikse in sommige gevalle met die stam versmelt.
Proto-Eurasiaties was n hoofsaaklik suffikserende taal; suffikse is aan die stam en aan uitgange geheg.
Proto-Nilo-Saharies het soos PDSK van beide prefikse en suffikse gebruik gemaak. Proto-Niger-Kongo
was n hoofsaaklik prefikserende taal, waarin prefikse van die naamwoord-klasstelsel en onderwerp- en
voorwerpprefikse by die werkwoord n groot rol gespeel het.
14. 14
Voornaamwoorde
ek jy ons julle
DSK
*(a)V
*(a)dzu
*(u)Gwu
*(a)wu)
Eurasiaties *mi *ti *na *te
Niger-Kongo
sub *Ni
obj *m竜
*u/*w竜
*ku
*tu
*SV
*Nu
*mu
Nilo-Saharies
*
*h
*朝ni
incl *na
excl *am
*wem
Woordorde*
Van die ses takke van die Den辿-Sino-Kaukasiese makrofamilie het vyf eksklusief SOV-woordorde.
(Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord). Die ander tak, Sino-Tibetaans, het hoofsaaklik SOV behalwe
Chinees, Bai en Karen met SVO (Onderwerp-Werkwoord-Voorwerp).
In Eurasiaties het 149 tale SOV, 59 tale het SVO en 6, die Keltiese tale, het VSO. Laasgenoemde bly n
misterie en die ondersoek na substrata duur voort.
By Nilo-Saharies word SOV, SVO en VSO gevind. Songhai en Saharies het SOV terwyl Kuliak en die
Nilotiese tale hoofsaaklik VSO het.
Niger-Kongo het 35 SOV en 264 SVO, en die Ntu-groep het 1 SOV en 118 SVO.
*Gell-Man, Murray en Ruhlen, Merritt. (2011). The origin and evolution of word order. Sante Fe Institute, Stanford University.
15. 15
Slotsom
Die parallelle kom glashelder na vore: die twee oudste prototale van Afrika en 掘顎姻温壊庄 is tydgenote. Die
twee grootste prototale van Afrika en 掘顎姻温壊庄 is ook tydgenote. Di辿 twee se verskil met die twee ouer
tale is dat albei n minder komplekse fonologiese en morfologiese stelsel as hulle het.
Kyk n mens na die verspreidingspatroon, sien jy dat Nilo-Saharies voorheen oor n ononderbroke
gebied gepraat is, wat intussen deur Niger-Kongo binnegedring is sodat daar verskeie DSK-eilande in
die Niger-Kongo-terrein verskyn.
Dis wel bekend dat Den辿-Sino-Kaukasies voorheen die meeste van die Eurasiese landmassa domineer
het waarskynlik die hele Europa soos die substrata en die posisie van Baskies suggereer sowel as die
hele kontinent noord van die Midde-Ooste waarby die KaraKoram en Hindu Kush ingesluit is.
Eurasiatiese tale soos Indo-Europees en Oeraals het DSK opgevolg en grotendeels verplaas, sodat net
die Land van die Baske, die Kaukasus, die Hunza- en Nagarvallei in Pakistan, en n klein spikkeltjie langs
die Jenniseirivier oorgebly het.
Die vraag is dan of Den辿-Sino-Kaukasies en Nilo-Saharies direkte opvolgers van Bories was, en waarom
die ouer groepe deur die jonger groepe verplaas is. In weerwil van die aanvanklike spekulasie, het Nilo-
Saharies en Niger-Kongo n verbintenis met Bories, soos Wim van Binsbergen bo alle twyfel bewys het.
The Macro-families in Ruhlen 1994.
16. 16
Niger-Saharies
Vroeg reeds in die studie van Afrikatale het navorsers n reeks leksikale en fonologiese ooreenkomste
tussen Niger-Kongo en Nilo-Saharies opgemerk, en bespiegel oor die moontlikheid dat NK en NS een
filum is. Roger Blench het n enorme bydrae op di辿 terrein gelewer deur verdere leksikale bewyse uit te
wys, en om gedeelde fonologiese en morfologiee eienskappe voor te stel.
Drie van die mees ongewone foneme in Afrikatale is die dubbel-artikulasies /kp/, /gb/ en /m/.
Hulle word regdeur Niger-Kongo en Sentrale Soedanies gevind maar nie in die res van Nilo-
Saharies, Afro-Asiaties of Khoisan nie.
In Afrika bestaan daar n spesifieke tipe van vokaalharmonie met die naam Gevorderde
Tongwortel Harmonie (Advanced Tongue Root). Die + of vokale vorm paralelle stelle, en die
eienskap van 5 + 5 stelle kom in albei fila voor.
In Sentrale Soedanies is daar spore van n prefiksstelsel wat met di辿 van Niger-Kongo
ooreenstem. Een van die mees merkwaardige klas-affikse wat regdeur Niger-Kongo voorkom, is
/ma-/ vir vloeistowwe of massanaamwoorde. In Kordofaans stem die - klasse vir
massanaamwoorde met die /ma-/-klasse in ander takke van NK ooreen. Die /ma-/-prefiks bestaan
in Sentrale Soedanies as n merker van massaname of kollektiewe.
Sekere takke van Nilo-Saharies beskik oor werkwoord-ekstensies, n eienskap van die Atlantiese
en Benue-Kongo-takke van Niger-Kongo, waar werkwoorde op suffikse eindig om kousatiewe,
resiprokale en intensiewe vorms te skep.
Indien daar waarde in die Niger-Sahara-konsep steek, sal Niger-Kongo op dieselfde tyd as Sentrale
Soedanies uit Nilo-Saharies moes wegbreek, omdat dit die naaste aan Proto-Niger-Kongo is.
Twee slotsomme word deur die hipotese impliseer:
I Die lede van Nilo-Saharies is heelwat ouer as Niger-Kongo.
II Die tuisland van Niger-Kongo is verder na die ooste as die vermeende streek.
17. 17
Bibliografie
ASLIP https://www.aslip.org/mt.html
Bengtson, John D. Bengtson, John D. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian (Sino-Caucasian)
Languages. Santa Fe Institute.http://jdbengt.net/
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor
of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In: Quest: An
African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010.
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications.
https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
BLENCH 2007 R. Blench. Further Evidence for a Niger-Saharan Macrophylum _ Advances in Nilo-Saharan Linguistics.
Proceedings of the 8th Nilo-Saharan Linguistics Colloquium. Koln: RudigerK旦ppe Verlag; pp. 12 24.
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph
(eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human
Language http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm
Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early
Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the Study
of Language in Prehistory Issue XVIII 2013.
Fleming, H C. 1991. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991).
Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin, Russian State
University for the Humanities.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language
Relationship揃仂仗仂 磶从仂于仂亞仂 仂亟于舒
The Global Lexicostatistical Database. https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm
Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1:
Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana
University.
Haase, Fee-Alexandra. 2019. Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of linguistic
communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families.
Dialectologia 2019 no. 3.
Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches. A basic inventory for
relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and Context I (VI) 2014.
18. 18
Haase, Fee-Alexandra. 2021. Where does speech come from?' a historical linguistic answer. The Free Library. 2011
Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021.
Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily
https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily
Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf
Kozlova T. O. Recurrent Patterns Of Semantic Change: Evidence From Global Etymologies. DOI
https://doi.org/10.36059/978-966-397-171-1/41-58
Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide to the
Transeurasian Languages (pp.31-39) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004
Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages In book: The Oxford Guide to
the Transeurasian Languages (pp.753-771) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044
Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? In book: The Oxford Guide to the
Transeurasian Languages (pp.772-783) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045
Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide to the
Transeurasian Languages (pp.127-144) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press.
Sergei Starostin, 1953 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/
Uys, Pieter. Eurasiaties.
Uys, Pieter. 2021. Die Geronde Voorvokale.
Uys, Pieter. Die Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie.
Vuosaly , Hellas, The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York: Intntl
Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132
historical linguistics genetic linguistics protolanguages language contact areal
linguistics nilo-saharan languages niger-congo languages den辿-sino-caucasian
languages eurasiatic languages comparative linguistics language in prehistory