Updating the theories and hypotheses on the earliest language phyla, macro-families and families in the light of research on Eurasiatic. Bywerking van die teorie en hipoteses oor die vroegste taalfilums, makro-families en families in die lig van navorsing oor Eurasiaties.
1 of 15
Download to read offline
More Related Content
Ural-Altaic et Oeral-Altaies
1. 1
Die Oeral-Alta誰ese Konvergensiesone
Trans-Eurasies & Uralo-Siberies
Oeral-Alta誰es is tot die 1960s
as n taalfamilie beskou,
maar staan deesdae
as n konvergensie-sone bekend,
waarin strukturele ooreenkomste
oor vreemde taalgrense versprei.
Taalkontak lei tot Streekslingu誰stiek,
waar tale uit verskillende families
mekaar onderling be誰nvloed, en
soortgelyke eienskappe opbou.
4. 4
Oeral-Alta誰es herverbeel
Oeral-Alta誰es is tot die 1960s as n taalfamilie beskou, maar staan deesdae as n konvergensiesone bekend,
n area waar strukturele ooreenkomste in verskeie tale uit verskillende taalfamilies ontwikkel.
Die werk van Martine Robbeets en Lars Johanson bewys dat Alta誰es, nou Trans-Eurasies genoem, uit
Mongools, Turks, Toengoes, Koreaans en Japonies bestaan, wat wel almal geneties verwant is en n
gesamentlike voorouer het.
Selfs Alta誰es as familie is op n stadium in twyfel getrek, maar di辿 opvatting moes verander sedert
navorsing oor prototale soos Eurasiaties en Nostraties die verbeelding gaande maak.
Die Oeral-Alta誰ese konvergensie-sone verwys nou na n lingu誰stiese streeksfenomeen waaraan die Oeralo-
Siberiese en Trans-Eurasiese tale deelneem, tesame met ander tale van Oos-Siberi.
Die term Ural-Alta誰es word deesdae gebruik vir n
tipologiese, grammatiese en leksiese
konvergensiesone wat van Noord-Europa deur
Noordwes-, Sentraal- en Oos-Asi tot by die Stille
Osean strek.
Die lingu誰s Juha Janhunen beweer dat daar geen
streeks- of tipologiese kenmerke is wat spesifiek aan
Alta誰es sonder Oeralies is nie. ("The Role of
Paradigmatic Morphology in Historical, Areal and
Genealogical Linguistics: Thoughts and Observations in
the Margin of Paradigm Change in The Transeurasian
languages and Beyond (Robbeets and Bisang, eds.)."
Journal of Language Contact, volume 10, issue 2, p.)
Michael Fortescue se boek Language Relations Across
the Bering Strait (1998) stel n saak vir Oeralo-Siberies
wat Oeraals, Yukaghir en Eskimo-Aleut insluit, met
meer verlangse verbintenisse aan Nivkh (Gilyak),
Chukoto-Kamchadaals en miskien Ainu.
Tesame met Indo-Europees, vorm Uralo-Siberies en
Trans-Eurasies n makrofamilie. Starostin se uitleg van
die Boriese superfilum bevat onder meer Oeralo-
Siberies en Trans-Kaukasies as dogters van n taal van 9,000 jaar gelede (7,000 vC) wat uit Eurasiaties,
vroer uit Nostraties, en eindelik uit Bories spruit.
5. 5
Oeraals, met sowat 26 miljoen sprekers
van 38 tale wat Fins, Estnies, Hongaars,
Karelies, Mordvin, Mari, Oedmoert,
Komi, Khanty, Mansi, Saami en
Samojedies insluit. Die Siberiese tale
wat die naaste aan Oeraals verwant is,
is Joekaghier wat saam met Oeraals
dalk n Oeraals-Joekaghir-familie vorm.
Vandag woon die handjievol Joekaghirs
in die Russiese Federasie se Sakha
Republiek. Nog n lid is Nivkh of Gilyak
wat uit drie tale bestaan, in
Mantsjoerye langs die Amurrivier en in
die noorde van Sakhalin Eiland. Die 2010
sensus gee net 198 sprekers aan. Plus Chukotko-Kamchatkaans of ChukchiKamchatkaans van Noordoos-
Siberi谷, waarvan Chukchi die enigste lewenskragtige taal is. En ten slottte Inuit-Yupik-Unangan (Eskimo-
Aleoet) van Alaska, Kanada en Groenland.
6. 6
Minstens 35 Turkiese tale word in die sentrale en noordelike dele van Asi谷 gepraat, vanaf Suidoos-Europa
tot by die grense van China. Met sowat 175 miljoen moedertaalsprekers beklee Turkse tale amptelike
status in Azerbaijan, Turkmenistan, Kazakhstan, Uzbekistan en Kirgizstan en die Sakha Republiek van die
Russiese Federasie. Chuvash is die enigste oorblywende lid van wat vroer as Volga Bulgaars bekend
gestaan het. Turkse tale vorm ook deel van die Noord-Kaukasus se kleurvolle lingu誰stieke mosaiek.
Die Mongoliese tale word deur ongeveer sewe miljoen mense in Mongoli谷, in China se Binne-Mongoli谷 en
in die Russiese Federasie gepraat, hoofsaaklik in Burjati谷 en Kalmiki谷. Die twaalf Toengoestale met sowat
80,000 sprekers is oor China, Mongoli谷 versprei.
7. 7
Turkies in Siberi (Yakutia/Sakha) en in die
Kaukasus waar Kumyk, Nogai en Karachay-
Balkar gepraat word.
Kabardino-Balkaria, sprekers van Kabardin
(Sirkassies), n Noordwes-Kaukasiese taal. Die
hoofstad is Nalchik, en hierdie republiek het
die hoogste piek in Europa, Elbrus (5642m).
Albei hierdie Kaukasiese republieke is waterryk
met volop riviere en mere.
Karachay-Cherkessia, n streek wat sprekers van
Karachay met sprekers van Cherkess deel. Die
bergagtige republiek het vyf amptelike tale:
Abaza, Russies, Cherkess, Karachay-Balkar en
Nogai.
8. 8
Tipologie
Oeral-Alta誰ese tale is agglutinerend in woordstruktuur, en gebruik byna eksklusief suffikse. Meervoudige
suffikse kan by die stam gevoeg word wat soms lang polisillabiese en polimorfemiese woorde vorm. Elke
morfeem het net een betekenis of grammatiese funksie, en die fonologiese identiteit van elke morfeem
bly stabiel met min modifisering van een woord-element op n ander.
Die meeste Oeral-Alta誰ese tale bevat geronde voorvokale soos [端] en [旦] sowel as vokaalharmonie, wat die
volgende soorte insluit:
a Palataal: al die klinkers in n woord is voor- of agtervokale en sommige het ook neutrale vokale wat saam
met enige van die twee stelle kan verskyn. Palatale harmonie het verweer of verlore gegaan in tale soos
Uzbek, Moksha Mordvin, sekere Mari-dialekte en die meeste Udmurt- en Komidialekte.
b Erzya Mordvin het n kombinasie van konsonant-vokaal- en hoogteharmonie, terwyl etlike Turkse en
Mongoliese tale
c liprondingsharmonie het wat gewoonlik net die oop vokale /e, o, a, / affekteer .
d Tongwortelharmonie behels die vokale /a, , / versus /u, e, o/ en kom dikwels saam met
rondingsharmonie voor.
Oeral-Alta誰es het geen grammatiese geslag nie (teenoor Hetities lewend/nie-lewend en Proto-Indo-
Europees manlik-vroulik-onsydig).
Hoof-finale sintagma met Onderwerp-Voorwerp-Werkwoord (SOV) woordorde.
Geen konsonant-opeenvolging aan die begin van woorde nie (teen PIE se *h魅t畍os 'bier' > Hetiet 畍artaggas
/畍artkas/, maar Latyn ursus, Antieke Grieks 叩rktos, Sanskrit 畊k畊as.
9. 9
59%- 21 van die 37 tale met geronde
voorvokale uit WALS se monster van 562
tale, behoort tot Eurasiaties.
20% - 6 uit die 37 tale met geronde
voorvokale uit WALS se monster van 562
tale, behoort tot die Dene-Sino-Kaukasiese
makrofamilie.
5%- 2 uit die 37 tale met geronde
voorvokale uit WALS se monster van 562
10. 10
Oeral-Alta誰ese tale is ryk aan naamvalle, met n gemiddeld van 15 per taal, en gebruik ook agtersetsels wat
n frase met die voorafgaande naamwoord vorm. Geen merker vir die nominatief nie (anders as Proto-
Indo-Europees wat so n nominatief-uitgang het).
Oeral-Alta誰s het werkwoordverbuiging en verbale naamwoorde of partesipia (gerunds) wat as
naamwoorde, byvoeglike naamwoorde of bywoorde optree, plus imperatiewe vorme. n Stel stamme
bestaan vir teenwoordige, toekomstige, aoris-, voorwaardelike, subjunktiewe, en twee verledetydsvorme,
wat almal ook partesipia, gerunds en verbale naamwoorde kan vorm.
Klankkorrespondensie
Woord-inisile bilabiale sluitsklank: Oeralies *p- = Altaies *p- (> Turkies en Mongolies *h-)
Sibilante: Oeraals *s, *邸, * = Altaies *s
Nasale: Oeraals *n, *, * = Altaies *n, *, *
Resonante: Oeralies *-l-, *-r- = Altaies *-l-, *r-
11. 11
Tabel 1 Turks Fins Mongools Hongaars
ek is ben olurum min辰 olen bi bol 辿n vagyok
jy is sen olursun sin辰 olet chi bol te vagy
hy/sy is o olur h辰n on ter boldog van
ons is biz oluruz me olemme bid boldog mi vagyunk
julle is siz olursunuz te olette ta bolno ti vagytok
hulle is onlar olurlar he ovat ted bolox k vannak
12. 12
Idel-Ural
Idel-Ural is die gesamentlike naam van die vyf republieke van die Volga-kom: Tatarstan, Bashkortostan,
Mari-El, Mordvinia en Chuvashia. Die Mari en Mordvin is Oeraals, Tatar en Bashkir is Kipcha-Turk, en
Chuvash is die enigste oorlewende van die Oghur-Turkse tale.
Sprekers van Finno-Oegriese tale soos Udmurt, Mari en Mordvin word as die oudste bewoners van die
Volga-kom beskou. Die VolgaOka Sprachbund kon dalk in die eerste millennium selfs die uitgestorwe
oostelike Baltiese tale ingesluit het, sowel as Oegriese en Permiese dialekte, Mordvin, Mari en die
verdwene Muroma, Meshchera en Merya.
Die Permiese groep, waaronder Udmurt en Komi, het die middelgrond beklee op beide lingu誰stiese en
geografiese terrein, en vroe kontakte het met Indo-Iraanse tale plaasgevind. Van die 12de eeu het
Slaviese invloed uit die weste begin toeneem.
Die Bolgar-Turke het die area in die 8ste eeu binnegekom en n teenwoordigheid op beide banke van die
Volga gehandhaaf. Die Mongoolse inval in die dekade van die 1230s het die Bolgar-staat met die Goue
Horde vervang. Die Goue Horde het nie lank gehou nie toe word dit in 1438 met die Khazan Khanaat
vervang, waarin die Kipchas n hoofrol gespeel het.
Bashkir beskik oor die dentale frikatiewe /慮/ en /丹/ in plaas van die ander Turkse /s/ en /z/. Bashkir /慮/ en /丹/
is onafhanklike foneme, apart van /s/ en /z/, terwyl Turkmen [慮] en [丹] die Turkiese /s/ en /z/
verteenwoordig. Bashkir het beide /s/ en /z/ en /慮/ en /丹/.
Die Oeraalse taal Mari is tipologies soortgelyk aan Turkies, veral met die mildelike gebruik van partesipia,
gerunds en hulpwerkwoorde wat uit Tatar en Chuvash kom. Mari en Chuvash is al as simbiotiese tale
beskryf.
Chuvash het n Mari-substraat en heelwat Finno-Oegriese leenwoorde. Die sterkste invloed is egter van
Tatar op Laer Chuvash en van Mari op Hor Chuvash.
Die Oeraalse taal Mordvin het konstruksies wat met Hongaars ooreenkom, en voorts is daar tekens van
Alaanse/Ossettiese invloede.
13. 13
Die Uralo-Siberiese tak van Eurasiaties wat ekwivalent aan die Trans-Eurasiese tak is.
Individuele tale is Fins, Karelies, Estnies, Hongaars / Magjaars, Komi, Udmurt, Moksha Mordvin,
Erzya Mordvin, Hill Mari, Meadow Mari, Sami, Samoyed, Khanty, Mansi, Nenets.
Die tale Nivkh, Chukoto-Kanchadal en Joekagir is waarskynlik ook lede van Uralo-Siberies.
14. 14
Bibliografie
Agyag叩si, Kl叩ra. Language contact in the Volga-Kama Area.
Babaev, Kirill. Once Again on the Comparison of Personal Pronouns in Proto-Languages. An article from the Journal
of Language Relationship_2009_001
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in
Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Bengtson, John D. The Languages of Northern Eurasia: Inference to the Best Explanation
Fortescue, Michael. 2018. Language Relations Across the Bering Strait.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language
Relationship揃仂仗仂 磶从仂于仂亞仂 仂亟于舒
Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1:
Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000
Haase, Fee-Alexandra. 2019. Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of linguistic
communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families. Dialectologia
2019 no. 3.
Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches. A basic inventory
for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and Context I (VI) 2014.
Janhunen, Juha. Proto-Uralicwhat, where, and when?
Janhunen, Juha. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages, by Juha Janhunen, Martine
Robbeets, Alexander Savelyev, Evgeniya Korovina.
Ko, Seongyeon. (2011). Vowel Contrast and Vowel Harmony Shift in the Mongolic Languages. Language Research
47.1, 23-43. ournal of Phonetics (1990) 18, 93-122.
15. 15
Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic.
Luobbal S叩mmol S叩mmol nte (Ante Aikio): Proto-Uralic, in: Marianne Bakr坦-Nagy, Johanna Laakso & Elena
Skribnik (eds.), The Oxford Guide to the Uralic Languages. Oxford University Press.
Maddieson, Ian. 2013. Front Rounded Vowels. In: Dryer, Matthew S. & Haspelmath, Martin (eds.) The World Atlas
of Language Structures Online. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology. (Available online at
http://wals.info/chapter/11, Accessed on 2021-08-01.)
Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages
Robbeets, Martine. Basic vocabulary in the Transeurasian languages
Robbeets, M. 2018; Bouckaert, R.: Baye Structure of Transeurasian language family revealed by computational
linguistic methods.
Uys, Pieter. 2021. Ek, Jy en Ons in die Steentydperk.
Uys, Pieter. 2021. Eurasiaties
Uys, Pieter. 2021. Proto-tale van Afrika en Eurasi.
Vaux, Bert. 2004. [atr] and [back] harmony in the Altaic languages. University of Wisconsin-Milwaukee
historical linguistics genetic linguistics protolanguages language contact areal linguistics substrate superstrate
adstrate phonemes SOV right-branching left-branching vowel harmony conjugation declension