Ek hou van mense rondom my. Ek kan baie laat gaan slaap maar nie vroeg opstaan nie. Ek praat helemaal te veel. Ek sê dit soos dit is. My kop is nooit stil nie. Ek hou van musiek in die agtergrond. Ek hou van lang gesprekke oor ‘n glas rooiwyn. Ek hou van nonsense praat. Ek kry gou koud. Ek hou van buite wees. Walvisse fasinneer my. Ek hou van nuwe lande en vreemde kos. Ek is bang vir ballonne. Ek hou nie van vlieg nie. Ek hou van Algebra. Ek lag en huil sonder waarskuwing. Ek hou van my koffie en my badwater warm. Ek wil nooit heeltemal grootword nie. Ek is verslaaf aan lipice. Ek haat ‘n foon wat beset is. Ek ry altyd te vinnig. Ek kry hoendervleis as ek nies. Love
We’ve updated our privacy policy so that we are compliant with changing global privacy regulations and to provide you with insight into the limited ways in which we use your data.
You can read the details below. By accepting, you agree to the updated privacy policy.