Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxChris van Wyk
油
Life is difficult.
Scott Peck begin sy boek The Road Less Travelled met di辿 diepsinnige opmerking. Dit bly een van die grootste waarhede wat ek al gelees het. Daar is min van ons, indien enige, wat nie op een of ander manier hiermee sal kan saamstem nie.
Maar min van ons het die volgende sin in Scott Peck se boek gelees. Hy skryf nie net dat die lewe swaar is nie. Hy s棚 ook die volgende daaroor: This is a great truth, one of the greatest truths. It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it. Once we truly know that life is difficult once we truly understand and accept it then life is no longer difficult. Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.
Di辿 perspektief gee my 'n nuwe invalshoek vir die saligsprekinge in die Bergrede.
Ten diepste handel die Bergrede oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe godsdienstig, sosiaal, persoonlik. Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT.
Maar, God wil h棚 dat di辿 geregtigheid geskep word nie deur mag en geweld nie, maar deur mense wat deur Sy Gees gelei word. Dit is waar die saligsprekinge inpas. Dit verduidelik hoe mense 鱈s wat deur die Gees gelei word. God vestig sy geregtigheid:
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxChris van Wyk
油
Wat s棚 die verhaal van die genesing van die man by die bad van Betesda vir ons?
Dat geloof die gevolg is van n verhouding met God. God steek die vlam van geloof in ons harte aan. Dit is waarom gestremdheid of gesondheid nie die finale woord oor n mens se lewe spreek nie. Dit is waarom hoe beweeglik of onbeweeglik jy is nie die waarheid oor jou lewe is nie. Dit is met Wie jy in verhouding is, wat die waarheid oor jou lewe is.
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxChris van Wyk
油
Wat s棚 die verhaal van die genesing van die man by die bad van Betesda vir ons?
Dat geloof die gevolg is van n verhouding met God. God steek die vlam van geloof in ons harte aan. Dit is waarom gestremdheid of gesondheid nie die finale woord oor n mens se lewe spreek nie. Dit is waarom hoe beweeglik of onbeweeglik jy is nie die waarheid oor jou lewe is nie. Dit is met Wie jy in verhouding is, wat die waarheid oor jou lewe is.
2. Lukas 4:16 21 (18, 19)
16
17
18
19
20
21
Toe kom Hy in N叩saret waar Hy opgevoed was; en soos Hy gewoond
was, gaan Hy op die sabbatdag in die sinagoge en staan op om te
lees.
En die boek van die profeet Jesaja is aan Hom oorhandig; en toe Hy
die boek oopmaak, kry Hy die plek waar geskrywe is:
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die
evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat
verbryseld van hart is, te genees;
om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel
van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die
aangename jaar van die Here aan te kondig.
En nadat Hy die boek toegemaak en aan die dienaar teruggegee het,
gaan Hy sit, en die o谷 van almal in die sinagoge was op Hom
gevestig.
Toe begin Hy vir hulle te s棚: Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.
3. Ons lees in Lukas 4 van die begin van Jesus se bediening op
aarde.
Hy was op hierdie stadium so ongeveer dertig jaar oud.
Hy het tot hier toe 'n doodeenvoudige lewe as skrynwerker in
Nasaret gelewe.
Sy aardse bediening word ingelei deur die veertig dae wat
Jesus deur die Heilige Gees in die Woestyn ingelei is om in 'n
persoon tot persoon konfrontasie met die duiwel te staan te
kom.
Nadat Jesus die versoeking met vlie谷nde vaandels oorleef
het is Hy deur Galilea, waar Hy bekendheid verwerf het
onder die mense.
4. Hy is ook terug na sy tuisdorp Nasaret toe.
In Nasaret het Hy oudergewoonte op die Sabbatdag
na die sinagoge toe gegaan.
In daardie tyd het dit so gewerk dat enigeen uit die
gemeente geroep sou word om voor te lees.
Soos God dit wou, was dit op hierdie dag Jesus se
beurt.
Die boekrol met Jesaja 61 is aan Jesus gegee en
Jesus het begin lees: -
5. "Die Gees van die Here is op my. Hy het my
aangestel om goeie nuus te bring vir daardie
mense op wie almal neersien; van nou af is
hulle vir God baie spesiaal. God het my
gestuur om vir die gevangenes te s棚 dat hulle
vonnis vir altyd verby is; en om die blindes
weer te laat sien, om almal wat verdruk word te
kom bevry, en om aan te kondig:
'God se bonusjaar is hier, sy groot jaar om
stukkende mense se lewe heel te maak.'"
6. Nadat Jesus gelees het, het Hy gaan sit. dit was gebruik in daardie dae vir
die een wat uit die boekrol gelees het om te gaan sit as hy 'n boodskap of
verklaring van dit wou gee wat hy nou net gelees het.
Almal se o谷 was op Hom, en toe s棚 Jesus:
"Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul."
Is God se keuse vir 'n teks vir Jesus se intreepreek nie interessant nie? Dit is
nie 'n wettiese boodskap nie. - Julle moet so maak en so maak dan sal ek so
maak en so maak nie.
Jesus se intreepreek is ook nie 'n boodskap van veroordeling nie. "Omdat
julle dit en dat is, gaan Ek dit en dat aan julle doen nie."
God het ook nie 'n Moralistiese boodskap vir Jesus nie. - "Kom nou my
kinders wees nou nice en wees nou gehoorsaam dan sal ek julle se谷n" nie.
Nee die onderwerp van Jesus se intreepreek is een van genade!
7. Vra Jesus in hierdie intreepreek van Hom iets van die mens?
Vra God dat mense vir hom iets moet doen dan sal Hy aan
hulle genade betoon?
Watter voorskrifte en vereistes stel Jesus in sy intreepreek?
Moet hulle iets doen om dit te ontvang?
Moet hulle dit verdien?
Word hier vereistes gegee waaraan hulle moet voldoen
voordat hulle die voordele uit God se hand sal verdien?
8. Nee!
Hierdie is 'n boodskap van genade.
En hier leer ons presies wat genade is.
Genade is wanneer 'n almagtige God van sy kant af neerbuig na mense
toe wat dit hoegenaamd nie verdien nie, mense wat geen vorm van
prestasie kan lewer nie en vir hulle die goeie nuus kom gee.
En wat is die goeie nuus:
Julle vonnis is vir altyd verby!
Julle wat blind gemaak is deur die sonde sal weer sien.
Julle wat onderdruk is as gevolg van julle eie dade gaan vrygelaat word.
Die goeie nuus is dat Jesus, met sy koms na hierdie aarde toe 'n
bonusjaar, 'n genadejaar aankondig sodat stukkende mense se lewens
weer heelgemaak kan word..
9. Wat s棚 Jesus nog met die genadeboodskap van Hom?
Hy s棚: "die Gees van die Here is op my...
" Jesus s棚 ek, Jesus Christus is die aangesig van God se genade .
In Jesus Christus het God se genade 'n gestalte gekry,
`n gesig, hande en voete en 'n naam.
Jesus Christus is die persoonlike gestalte van God se genade.
Ek en jy kan nie oor genade praat as ons nie oor Jesus Christus praat nie.
Ons kan nie oor Jesus Christus praat as die woord genade nie ook in die
sin voorkom nie.
Jesus is gelyk aan God se genade!
Jesus het self toe Hy op aarde was ges棚:
" Ek is... Ek is die weg, die waarheid en die lewe! Niemand kom na die
vader behalwe deur my nie.
Ek is die gesig van God se genade!
10. Wat was Jesus se missie op aarde?
Jesus se missie was om God se genadejaar te kom aankondig.
Jesus het na die aarde toe gekom om te kom s棚 dat daar 'n nuwe kans is.
Jesus kom maak die deur weer 'n slag oop sodat ek en jy weer oor kan
begin!
Jesus het na die aarde toe gekom om vanmore vir die gevangenes hier
onder ons te kom s棚 dat Hy jou vrylating is.
Al was jy hoeveel keer al vasgevang in dieselfde strik, dan s棚 Jesus
vandag vir jou is hier vrylating.
11. Al het jy hoe blind geword deur al die verkeerde dinge wat jy nou al in jou lewe
gedoen het is Jesus hier om vanmore vir jou te s棚
Hy het gekom dat jy weer kan sien.
Al is jy hoe verdruk deur jou eie foute en keuses, is Jesus hier om vir jou vandag te
kom s棚 hier is vir jou 'n nuwe kans.
Al het jy hoe drooggemaak in jou lewe, het Jesus gekom om vir jou te s棚: Jy kan oor
begin. Jy kan weer probeer!
'n Nuwe kans!
'n Tweede kans!
'n duisendste kans !
Dit is wat Jesus hier vandag vir jou kom aanbied
Nog 'n kans! - Is dit nie die aller wonderlikste boodskap wat jy in jou lewe nog van 'n
kansel af gehoor het nie.
.
12. My geliefde vriend vriendin.
Dit gee nie om waar jy vandaan kom nie.
dit gee nie om waar jy gisteraand was nie.
Dit maak nie saak hoe die sonde vanmore nog in jou kleef nie.
Jesus het jou hierheen gebring om vanmore vir jou te kom s棚 hier is vir
jou nog 'n kans!
die deur is nog nie toegemaak op jou nie.
God Het jou nog nie uit sy mond gespoeg nie.
Hy het jou nog nie afgeskryf nie!
Jy is nog nie veroordeel nie.
Hier is vir jou nog 'n kans!
Jy het vandag nog 'n kans om die boodskap te hoor en dit te aanvaar!
Die nuwe kans wat Jesus aanbied is anders as mense se nuwe kanse.
13. God kyk vir jou, en Hy sien hoe skuldig jy is, vuil, vieslik vasgevang in jou
sonde!
En omdat God se wese een van liefde is, buig Hy hom na jou toe neer en
gee Hy vir jou 'n nuwe kans
kondig Hy 'n genadejaar vir jou aan.
Jy verdien dit hoegenaamd nie!
God gee nie genade in reaksie op wat ek en jy doen nie. God tree altyd
eerste op! Hy doen dit op grond van wat Hy is
Hy is liefde in die kern van Sy wese!
14. Kom ons blaai na Lukas 13 vir 'n bevestiging hiervan. Ons lees die 6e tot
9e verse.
6Daarna het Hy hierdie gelykenis vertel: "'n Man het 'n vyeboom gehad wat
in sy wingerd geplant was. Toe hy vrugte daaraan kom soek maar niks kry
nie,
7
s棚 hy vir die tuinier: 'Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie
vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet
hy langer die grond uitput?
8
Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan.
Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes.
9
Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u
hom uitkap."
15. Ons het 'n boer in die gelykenis.
Die boer is God. - Hy verwag vrugte van sy vyeboom,
Vir jare lank het God net genade en guns en liefde aan sy vyeboom gegee.
En nou verwag God opbrengs.
Die vyeboom is ons as mense (Israel in die geval) en vir jare kry God niks
van ons af nie.
Al wat ons doen is sonde.
Al wat ons voortbring is gemors en skande.
Ons het ons skeppingsdoel heeltemal verkeerd verstaan:
ons lewe ter wille van ons self en nie tot eer van God nie!
Natuurlik kom die Boer en s棚 kap uit! - Vernietig hom!
Maak plek vir een wat dalk gaan vrug dra!
Dit is tog iets wat ek en jy ook sou gedoen het, nie waar nie?
16. Maar dan staan die tuinier op en s棚:
"Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan."
En dan wil ek h棚 jy moet mooi kyk wat staan daar!
"Ek sal...
" Die tuinier s棚 nie meneer laat hom nog 'n jaar staan dan kyk ons wat doen hy dan
nie.
Hy s棚 laat hom nog 'n jaar staan.. "ek sal...
" Jesus het na hierdie aarde toe gekom, nie om te kom vra dat jy 'n tweede kans
kry nie.
Jesus het na hierdie aarde toe gekom om vir jou 'n tweede kans te kom m叩叩k!
Hy het gekom om vir jou 'n genadejaar te onderhandel.
Aan die kruis op Golgota het hy die prys betaal sodat jy 'n genadejaar kan ontvang!
Jesus onderhandel nie tweede kanse nie.
Hy kom maak tweede kanse.
17. En as jy dink dit het hom niks gekos nie, dan moet jy mooi dink aan sy
lyding en sterwe aan die kruis op Golgota.
Dan moet jy teruggaan na Getsemane waar Hy drie maal in bloedsweet
voor God worstel en vra of die beker nie maar by Hom verby kan gaan nie.
Deur Jesus se lewe, sterwe en opstanding het Hy vir jou 'n tweede kans
kom koop.
Jesus weet so goed soos ek en jy dat as Hy die verantwoordelikheid op ons
moet plaas om vrug te dra, ons dit nie sal maak nie.
As God vir jou en my moet wag om goed genoeg te wees om sy genade te
ontvang sal Hy vir ewig wag, want ons kan nie!
Ons is te vol gemors en sonde!
Daarom neem Jesus die verantwoordelikheid op hom.
18. Loer net weer na Jesus se intreepreek!
Wie gaan vrylating bring Jesus gaan.
Wie gaan vrylating vir die gevangenes bring Jesus.
Wie gaan herstel vir die blindheid bring Jesus.
Want Jesus is die aangesig van God se genade
Hy bring vir ons al die voordeel nie ons eie keuses nie.!
Waarom maak Jesus vir ons 'n genadejaar?
Sodat sy genadejaar jou o谷 kan oopmaak vir God se genade en liefde vir jou.
Jesus skep 'n genadejaar sodat jy weer kan sien dat God nie die God is wat gereed staan om te
straf en te verdelg nie
Hy wil graag red!
Hy wil graag se谷n.
Jesus skep 'n genadejaar - sodat sy genadejaar 'n permanente afstel van jou skuld kan word.Jesus het kom bewys dat God se genade groter is as sy oordeel.
Jesus kom bewys dat sy liefde oneindig groter is as sy haat.
Jesus is die bewys dat God eerder wil red as wat hy wil straf!
19. Waarom het God jou hierheen gebring vandag?
sodat jy weer bewus kan raak van die Tuinier wat vir jou pleit.
Dat Jy kan kennis neem van die tuinier wat so hard werk om jou so ver te kry dat jy
begin vrug dra.
My liewe boetie en sussie ek hoop dat jy agtergekom het dat God nie vanmore na jou
kyk met kwaai o谷 en vir jou s棚 kom reg, of!
Nie. - Nee God het vanmore sy baadjie so bietjie opsy getrek sodat jy sy genadehart kan
sien.
Waarom?
Miskien! Miskien s棚 die tuinier, sien jy God se groot liefde en genade raak vandag.
Miskien raak God se liefde en genade jou so aan dat jy jou weg draai van jou sonde af
en na God toe draai.
Miskien raak jy vandag lief vir hierdie genadige God.
God se genadejaar is Jesus se geskenk aan jou.
20. Wat maak 'n mens met 'n geskenk?
Wel jy kan net een van twee dinge doen.
Jy kan dit of aanvaar of dit los! - dis jou enigste keuse.
God het jou vandag hierheen gebring om vir jou te vertel van sy genadejaar.
Jesus het die genadejaar met sy bloed gekoop.
Hy bied dit vandag vir jou aan as 'n geskenk.
En miskien, net miskien wil jy nuut begin, oor begin.
Wil jy nie maar hierdie kans aanneem wat vandag na jou toe kom nie?