際際滷

際際滷Share a Scribd company logo
1
Eurasiaties
& Den辿-Sino-Kaukasies
Taal in Eurasi sedert die Steentydperk tot vandag
2
Eurasiaties
& Den辿-Sino-Kaukasies
'n Diakroniese vergelykende studie van die prototale
en die hedendaagse families
Pieter Uys, Orchards, Aug 2021
3
Inhoudsopgawe
Die Moedertaal 4
Fonologie 7
Geronde voorvokale 8
Affiksering 9
Komplekse klankstapeling 10
Tipologie 11
Naamwoordklas/Geslag 13
Voornaamwoorde 15
Vokaalharmonie 15
Selfbenaming 17
Bibliografie 19
4
Die Moedertaal
Die soeke na die Moedertaal, Proto-Mens of Proto-W棚relds, het n belowende fase
betree sedert die stigting van die Tower of Babel: Evolution of Human Language
projek en die Global Lexicostatistical Database (GLD).
Di辿 vordering is ook te dankie aan die navorsing en insigte van navorsers soos onder
andere John D Bengtson, Allan R Bomhard, Murray Gell-Man, Petra Goedgebuure,
Paul C Ryan, Tetyana Kozlova, George Starostin, Roger Blench, Wim van Binsbergen,
John McWhorter, Fee-Alexandra Haase, Valentyn Stetsyuk, Frederik Kortlandt, Theo
Vennemann en Peter Schrijver.
Die ontdekking en bestudering van Bories is n opwindende mylpaal wat kosbare
insigte bring en nuwe uitdagings skep. Dis n geskenk en n geleentheid wat sigself
nie aldag voordoen nie. Om realisties te wees: Bories is waarskynlik die naaste wat
ons ooit sal kom aan die mitiese moedertaal. En dalk 鱈s dit sy, onder n skuilnaam.
Hierdie skrywe is n huldeblyk aan die voorgangers soos Merritt Ruhlen en Joseph
Greenberg, wie se bydraes tot in lengte van dae waardeer sal word.
Die historiese lingu誰stiek het oor die laaste drie dekades n nuwe dimensie van die
verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroe
Mesolitikum (15,000  8,000 vC) in Noord-Eurasi gepraat is: Den辿-Sino-Kaukasies
en Eurasiaties.
Die ander twee makrotaalfamilies van Eurasi is Afro-Asiaties (waaronder Egipties,
Berber en Semities) in die suidweste en Austries in die suidooste. Al vier di辿 filums
sou uit die hipotetiese oertaal Bories spruit, die taal van die Steentydperk.
Den辿-Sino-Kaukasies het waarskynlik sowat 15,000 jaar gelede ontstaan, en rondom
10,000 jaar gelede verbrokkel. Haar afstammelinge word vandag in Tibet, China,
Myanmar, Bhutan, n deel van Frankryk en Spanje, die Kaukasus, en dele van die
Himalayas, Siberi, Alaska, oostelike Kanada, en suidwes VSA gepraat. Hulle sluit in al
die Chinese dialekte, Tibetaans, Burmees, Athabascan, Navajo, Apache, Baskies,
Burushaski, Noord-Kaukasies en Ket.
5
Eurasiaties is jonger, beraam op tussen 11,000 en 8,000 jaar gelede, en het
waarskynlik uit Den辿-Sino-Kaukasies ontstaan. Die sprekers van die afstammelinge
van Eurasiaties bewoon die hele Europa, die Amerikas, Suidwes-Asi, die Indiese
subkontinent, Siberi, Korea en Japan, en sluit families in soos Indo-Europees, Alta誰es
(Transeurasies), Oeralo-Siberies, Nivkh, Yukaghir, Kamchadaals en Inuit-Yupik-
Inangan.
Volgens die verspreidingspatroon het Eurasiatiese tale die ouer DSK-tale regdeur
Noord-Eurasi verdring, sodat net ge誰soleerde eilande soos Baskies, Burushaski,
Kaukasies en Jenisei (Ket) oorbly.
6
Navorsing oor die verdwene substraat-tale van Europa wat n beduidende invloed op
Proto-Germaans uitgeoefen het, wys dat hulle tot Dene-Sino-Kaukasies behoort het.
Die rivier- en ander antieke plekname van Europa is oortuigende bewys daarvoor. Dit
beteken dat daar taalverskuiwings plaasgevind het, waar sprekers van DSK
(Waskonies) na Eurasiatiese (Indo-Europese) tale oorgeslaan het.
Die fonologiese en morfologiese verskille tussen Den辿-Sino-Kaukasies en Eurasiaties
is aan hulle afstammelinge oorgedra wat daarvolgens ontwikkel het, en vandag die
taallandskap van die Eurasiatiese landmassa en die Amerikas uitmaak.
7
Fonologie
Den辿-Sino-Kaukasies se formidabele konsonant-inventaris is veel ryker as di辿 van
Eurasiaties; alle plofklanke en affrikate behalwe /福/ en //) het n stemhebbende, ejektiewe
en stemlose artikulasie gehad. Proto-DSK se arsenaal bestaan uit meer as 40 fonemiese
konsonante en agt fonemiese klinkers. Ter vergelyking: Afrikaans het 23 en Engels 24
konsonantfoneme teenoor die 40 van PDSK.
Vandag leef di辿 ryk klank-inventaris voort in die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiese tale
soos Abkhaz (58 konsonantfoneme), Bzyb (67 konsonantfoneme), Chechen (50
konsonantforneme) en Archi (80 konsonantfoneme). Ook die Amerikaanse afstammelinge is
klankryk, soos die Athabascantale van Kanada en Navajo met sy 33 konsonante. Burushaski
in die Himalajas het ook meer as dertig konsonantfoneme.
Onder die 40 konsonante van Proto-DSK is daar volop agterkeelklanke, velare en uvul棚re,
wat in Kaukasies, Burushaski en Na-Den辿 oorleef, maar elders verdwyn het.
Proto-Den辿-Sino-Kaukasies se uitgebreide fonologiese stelsel sluit komplekse sibilant-
affrikate en resonantkombinasies in, wat fonologies eenvoudige kognate in Eurasiaties het.
Een van PDSK se uitstaande kenmerke is die oorvloed aan laterale affrikate soos dl, tl en tl
(glottale uitspraak). Al drie van hulle oorleef in die Oos-Kaukasiese tale Avar, Andi en Tsez,
en in Na-Dene, soos Navajo dloo grond-eekhoring, -tle/-tlee sokkies en tlee nag.
Eurasiaties het net die basiese lateraal /l/: Proto-DSK *HtlwnV winter, jaar teenoor
Eurasiaties *lugV sneeu; PDSK *tlp blaar  (Burushaski *ltap blaar, Basque lapar
braambos) is die Eurasiatiese *lVpV blaar, bas, en PDSK *tlnpV tong, lip is die
Eurasiatiese *l[a]pV lek, lip.
Dis fassinerend dat Baskies en Burushaski laterale affrikate tussen klinkers op dieselfde
manier hanteer  /rd/ of /rt/ by eersgenoemde, en /ld/ of /lt/ by Burushaski.
DSK het drie reekse sibilante en sibilant-affrikate gehad: voor /s, c, c, /, palataal /, , 兵/ en
agter /邸, , 兵, 年/, waarvan daar nog spore in Baskies oorleef.
DSK het ook oor n reeks uvulare konsonante beskik wat foneties as / 柊 x, / weergegee
word. Die Franse en die gebreide Afrikaanse /r/ ressorteer hieronder, maar is die resultaat
van n ander tipe ontwikkeling aangesien Eurasiaties nie di辿 reeks gehad het nie.
8
Eurasiaties het maksimum 25 konsonante gehad en +/- agt klinkers, wat aanleiding gegee
het tot Ablaut (klinkerwisseling) in Indo-Europees en vokaalharmonie in die Oeraalse,
Mongoolse en Turkse tale.
29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasi gele, in Europa noord van die Alpe,
met n swenk na die suide om Albani谷, Turkye en die Stans van Sentraal-Asi in te sluit, en
verder oos tot by die Stille Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die
Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir Afrika en Oseani. Die bronne blyk boonop
skepties te wees oor sommige van voorgenoemde.
Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae
Lande, Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Itali谷, Oostenryk, Hongarye,
Anatoli谷, die Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongoli谷 en China. Binne die
Russiese Federasie, onder meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia,
Kalmykia, Mari-El en Sakha (Yakutia).
23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die ho en middelposisie, agt het net
ho geronde voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte
klinkers.
Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino-
Kaukasiese families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en
Albaniese groepe.
In die Germaanse tale is geronde voorvokale n algemene verskynsel; benewens Duits is dit
deel van die fonologie van tale soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en
Alemannies.
In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon (Langue doc) is daar die
Italiaanse dialekte van die noordweste soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die
Switzerse kanton Ticino gepraat word.
Bretons is n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van Frankryk gepraat word.
Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse familie, terwyl Alta誰es
(Transeurasies) onder meer verteenwoordig word deur Kalmyk, Dagur en Oirat (lede van die
Mongoliese familie), Turks, Kumyk, Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes).
Die Den辿-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die
Communaut辿 d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome
Gebied in Spanje. In die Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van
Chechnya (laasgenoemde twee behoort tot die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie). Dans
daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of
Trans-Himalaya-familie behoort.
9
59% - 21 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale,
behoort tot die Eurasiatiese makrofamilie.
20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale,
behoort tot die Den辿-Sino-Kaukasiese makrofamilie.
Affikse
Proto-Den辿-Kaucasies het van prefikse en suffikse gebruik gemaak, soos die klasprefiks in
die naamwoordklasstelsel en n stel prefikse voor die werkwoordstam. Die uitsonderings
wat meer suffikse as prefikse kan dra, is Noordoos-Kaukasies en Burushaski.
Eurasiaties het van suffikse gebruik gemaak by werkwoordvervoeging, naamvalle en
geslagsaanguiding. Prefiksering was die uitsondering, soortgelyk aan Afrikaans waar
naamwoordnegering met nie- aangedui word.
10
Komplekse konsonantstapeling in Den辿-Sino-Kaukasies
c /ts/  /t必/  /t/  /t/
c味 /ts兵/ 味 /t必兵/ 味 /t兵/ 味 /t兵/
 /dz/  /d筆/  /d/ 年 /d/
s /s/ 了 /必/  // 邸 //
z [z] L [筆] 添 [] 転 []
x /x/  // 徴 // h /h/
粒 [稗]  []  /腹/ 髭 /髭/
11
Morfologiese Tipologie
Drie hoof- morfologiese taaltipes kan onderskei word. Die analitiese vorm is soos Chinees
wat byna geen morfologie het nie, omdat grammatiese inligting sintakties ge谷nkodeer word
deur reekse enkelwoorde. Hierdie tipe morfosintaksis word analities genoem aangesien
daar n groot ooreenkoms bestaan tussen n enkele morfeem en n enkele aspek van
betekenis.
Agglutinerende (agglutinale) tale bou woorde op deur morfeme soos n ketting aan te ryg,
waar elke morfeem n diskrete semantiese eenheid is. n Voorbeeld van so taal is Turks,
waar die woord evlerinizden (vanaf julle huise) bestaan uit die morfeme ev-ler-iniz-den,
wat beteken huis-meervoudsvorm-jou-vanaf.
n Spesifieke tipe agglutinerende taal word polisinteties genoem. So n taal kan die
ekwivalent van n hele Afrikaanse of Engelse sin in een woord uitdruk, byvoorbeeld Yupik
tuntussuqatarniksaitengqiggtuq (Hy het nog nie weer ges棚 dat hy rendiere gaan jag nie)
bestaan uit die morfeme tuntu-ssur-qatar-ni-ksaite-ngqiggte-uq met die betekenisse,
rendiere-jag-toekoms-s棚-ontkenning-weer-derde persoon-enkel-aanwysend. Buiten die
morfeem tuntu (rendiere) kan nie een van die ander morfeme in isolasie voorkom nie.
Die derde tipe is fusionele tale, waar verskeie betekenisse in n enkele morfeem kombineer
word. In Latyn byvoorbeeld, bestaan die woord bonus (goed) uit die kern bon-, wat goed
beteken, en die agtervoegsel -us wat manlik is en dui op enkelvoudigheid, en
die nominatiewe naamval.
Proto-Eurasiaties lyk na n tipiese agglutinerende taal terwyl PDSK polisinteties was. Die
onderskeie afstammelinge verteenwoordig uiteenlopende en gemengde tipes.
Proto-DSK: Navajo is polisinteties met fusionele elemente en Noordwes-Kaukasies dieselfde,
Tibetaans is agglutinerend en die Chinese tale en Burmees is tonaal-analities.
Proto-Eurasiaties: Letlands en Litous is fusioneel, die meeste Uralo-Siberiese (Fins, Estnies)
en Transeurasiese (Turks, Mongools) tale is agglutinerend, en Eskimo is polisinteties. Engels
en Afrikaans is semi-analities. Tonaliteit kom nie algemeen onder die afstammelinge van
Eurasiaties voor nie.
12
Morfologiese taaltipes: Analities, Agglutinerend, Fusioneel, Polisinteties
Kategorie per woord
13
Naamwoordklas/Geslag
Eurasiaties maak geen klas- of geslags-onderskeid in die naamwoord nie. Dit het in
Proto-Indo-Europees as n innovering ontstaan, maar die drieledige vorm manlik-
vroulik-onsydig is intussen by baie tale tot twee gereduseer. Italiaans het
byvoorbeeld die o/a onderskeid vir manlik en vroulik, soos ragazzo (seun) vs ragazza
(meisie).
In die uitgestorwe Anatoliese groep wat onder meer Nesili, Luwies en Lidies insluit,
het die onderskeid as lewend/nie-lewend gefunksioneer. Etlike hedendaagse Indo-
Europese tale soos Armeens en Persies het geslag as grammatiese faktor heeltemal
verloor.
In die Namakwalandse dialek van Afrikaans het die nominatiewe vorm van die
vroulike voornaamwoord sy blykbaar verdwyn en word daar na albei geslagte as
hy verwys.
14
Die a-prefikswoorde vir persone, diere, plante en liggaamsdele:
Baskies Kaukasies Burushaski Ander
a-bere (beeste) Udi bele (beeste)
a-ho (mond)
a-dar (horing) -lt炭r (horing)
be-/bi-prefikswoorde vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe of eienskappe:
be-larri (oor) Ubykh b-筆a (oog)
bi-skar (rug) Abkhaz azkw
a (rug) -squa (op jou rug) Haida s-ku (rug)
u-/o- prefiks vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe
o-dol (bloed) Navajo d狸必 (bloed)
u-rdail (maag) Rutul u-xun (maag) -炭l belly, abdomen
e-/i-prefiks vir vloeistowwe, melk, dou, hout:
e-sne (melk) Chechen 邸in (uier) 畊i (melk)
e-e (huis) ye辿 (woning)
i-sar (ster) Tindi c:aru (ster)
i-toi (druppel water) Chechen tuj (speeksel)
In di辿 opsig was PDSK nader aan die Ntutale soos Xhosa en Zulu. Die
naamwoordklasstelsel van PDSK het op die onderskeid lewend/nie-lewend en
manlik/vroulik berus. Di辿 stelsel is steeds springlewendig in die Noordoos-Kaukasiese
tale met hulle twee tot agt klasse, in Burushaski met vier en in Jenisei (Ket) met drie.
Die gestolde reste van so n stelsel is steeds sigbaar in Baskiese naamwoorde hoewel
die stelsel nie meer funksioneer nie. Tibetaans het ook sulke gestolde prefikse,
byvoorbeeld m-hin lewer, m-gur keel, m-khal nier, d-gun winter, d-bu
kop, d-kyilma middel, ens.
15
Voornaamwoorde
Eurasiaties word gekenmerk deur die voornaamwoordstamme *mi ek, my en *ti
jy, jou, en in Kartveels, Turkies en Toengoesies *mi/*si of *bi/*si.
Den辿-Sino-Kaukasies het die twee stamme *(a)V vs *(a)dzu vir eerste persoon, en
die twee stamme *(u)Gwu vs *(a)wu) vir tweede persoon. Dis interessant dat
Baskies en die NO-Kaukasiese taal Dargwa beide die eerste stam van elke paar gekies
het vir die direkte vorm: Baskies *ni ek, my en *hi jy/jou. Dargwa: nu en 徴u.
Vokaalharmonie
Vokaalharmonie is n assimilerende proses waarin die klinkers van n woord almal tot
dieselfde klas sinchroniseer. Di辿 vorm van metafonie is n eienskap van heelwat
Eurasiatiese tale; dit beteken dat n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat
die vokale van uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam.
Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of agtervokaal) en ander
faktore gebou word.
tuolilla
op die stoel
p旦yd辰ll辰
op die tafel
Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs
mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die
teikenvokale mag wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander
klinkers in die woord be誰nvloed om by n relevante fonologiese kenmerk van die
sneller in te val.
16
In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale
of geronde vokale. In sekere Alta誰ese tale is daar n rondingsharmonie wat bo-or die
agtervokaliteitsharmonie optree. Harmonie behels een of meer harmoniese
eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat elke klinker n
harmoniese opponent in die ander stel het.
17
Selfbenaming
Baie Indo-Europese tale het n woord vir mens wat op aarde, grond, klei berus:
 Kelties *gdonyo- (Iers duine persoon, Wallies dyn man) < *d憤鼻
 憤om-yo-
 Germaans *guman- man (Engels [bride]groom]) ; < *d憤鼻
 憤m
魅 -mon-
 Latyn hom, hominis persoon < *d憤鼻
 憤m-on- (ook h笛mnus)
Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor:
 Kelties *gdon- (Ou Iers d炭, don plek) < *d憤鼻
 憤om-
 Latyn humus grond < *d憤鼻
 憤om-o-, humilis naby die grond < *d憤鼻
 憤em-el-i-
Dieselfde afleiding van mens uit aarde bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld
Hebreeus:  峺 峺
 dm man, Adam van  峺
 峺峅 dm但 grond. (Die onderliggende
stam dm beteken rooi).
Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos 畆僚慮凌 mens
dui op aarde, grond, onder, bodem uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die
Proto-Austro-Asiatiese vorm *tj aarde.
In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam *-ntu vir mens in Proto-Ntu,
en *taw in Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat
onder, onderkant beteken.
Proto-Afro-Asiaties het *tV vir n tipe grond, en dieselfde prototaal het *du畍 vir laag,
terwyl Egipties t3 aarde beteken en d畍 na laag verwys.
In Khoesan is Tuu die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde t en t笛
beteken persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kxa-familie is dit *転u
persoon.
Proto-Den辿-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *di:lH bodem en Chinees
t:j basis of wortel.
Proto-Den辿-Sino-Kaukasies *ntV aarde, sand is kognaat met PIE *-ndho bodem,
onder wat n waarskynlike kognaat is van *-ntu, die woord vir persoon in die
Ntutale, en verwant is aan die selfbenaming van die Tuu-taal se sprekers soos hierbo
vermeld.
18
19
Bibliografie
ASLIP https://www.aslip.org/mt.html
Bengtson, John D. Bengtson, John D. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian
(Sino-Caucasian) Languages. Santa Fe Institute.http://jdbengt.net/
Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of
Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins.
Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies.
In: Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010.
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical
implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl-
doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D.
Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49.
Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives
on Human Language http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm
Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The
Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association
for the Study of Language in Prehistory  Issue XVIII  2013.
Fleming, H C. 1991. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991).
Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin,
Russian State University for the Humanities.
Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of
Language Relationship揃仂仗仂 磶从仂于仂亞仂 仂亟于舒
The Global Lexicostatistical Database. https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm
Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language
Family, Vol. 1: Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections).
Bloomington: Indiana University.
Haase, Fee-Alexandra. 2019. Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of
linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language
families. Dialectologia 2019 no. 3.
20
Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches. A
basic inventory for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech
and Context I (VI) 2014.
Haase, Fee-Alexandra. 2021. Where does speech come from?' a historical linguistic answer. The Free
Library. 2011 Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021.
Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily
https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily
Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf
Kozlova T. O. Recurrent Patterns Of Semantic Change: Evidence From Global Etymologies. DOI
https://doi.org/10.36059/978-966-397-171-1/41-58
Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide
to the Transeurasian Languages (pp.31-39) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004
Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages In book: The
Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771)
DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044
Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? In book: The Oxford
Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045
Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages In book: The Oxford
Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011
Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity
Press.
Sergei Starostin, 1953  2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/
Uys, Pieter. Eurasiaties.
Uys, Pieter. 2021. Die Geronde Voorvokale.
Uys, Pieter. Die Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie.
Uys, Pieter. 2021. Taal is n brug oor die stroom van tyd.
Uys, Pieter. 2021. Taal is n drif deur die spruit van tyd.
Uys, Pieter. Taal is n poort deur die muur van tyd.
Vuosaly , Hellas, The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New
York: Intntl Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132
genetic linguistics historical linguistics language families eurasiatic
dene-sino-caucasian borean protolanguage linguistic taxonomy

More Related Content

Eurasiatic and Dene-Sino-Caucasian

  • 1. 1 Eurasiaties & Den辿-Sino-Kaukasies Taal in Eurasi sedert die Steentydperk tot vandag
  • 2. 2 Eurasiaties & Den辿-Sino-Kaukasies 'n Diakroniese vergelykende studie van die prototale en die hedendaagse families Pieter Uys, Orchards, Aug 2021
  • 3. 3 Inhoudsopgawe Die Moedertaal 4 Fonologie 7 Geronde voorvokale 8 Affiksering 9 Komplekse klankstapeling 10 Tipologie 11 Naamwoordklas/Geslag 13 Voornaamwoorde 15 Vokaalharmonie 15 Selfbenaming 17 Bibliografie 19
  • 4. 4 Die Moedertaal Die soeke na die Moedertaal, Proto-Mens of Proto-W棚relds, het n belowende fase betree sedert die stigting van die Tower of Babel: Evolution of Human Language projek en die Global Lexicostatistical Database (GLD). Di辿 vordering is ook te dankie aan die navorsing en insigte van navorsers soos onder andere John D Bengtson, Allan R Bomhard, Murray Gell-Man, Petra Goedgebuure, Paul C Ryan, Tetyana Kozlova, George Starostin, Roger Blench, Wim van Binsbergen, John McWhorter, Fee-Alexandra Haase, Valentyn Stetsyuk, Frederik Kortlandt, Theo Vennemann en Peter Schrijver. Die ontdekking en bestudering van Bories is n opwindende mylpaal wat kosbare insigte bring en nuwe uitdagings skep. Dis n geskenk en n geleentheid wat sigself nie aldag voordoen nie. Om realisties te wees: Bories is waarskynlik die naaste wat ons ooit sal kom aan die mitiese moedertaal. En dalk 鱈s dit sy, onder n skuilnaam. Hierdie skrywe is n huldeblyk aan die voorgangers soos Merritt Ruhlen en Joseph Greenberg, wie se bydraes tot in lengte van dae waardeer sal word. Die historiese lingu誰stiek het oor die laaste drie dekades n nuwe dimensie van die verlede aan die lig gebring: dat twee taalfilums tydens die laat Paleolitikum en vroe Mesolitikum (15,000 8,000 vC) in Noord-Eurasi gepraat is: Den辿-Sino-Kaukasies en Eurasiaties. Die ander twee makrotaalfamilies van Eurasi is Afro-Asiaties (waaronder Egipties, Berber en Semities) in die suidweste en Austries in die suidooste. Al vier di辿 filums sou uit die hipotetiese oertaal Bories spruit, die taal van die Steentydperk. Den辿-Sino-Kaukasies het waarskynlik sowat 15,000 jaar gelede ontstaan, en rondom 10,000 jaar gelede verbrokkel. Haar afstammelinge word vandag in Tibet, China, Myanmar, Bhutan, n deel van Frankryk en Spanje, die Kaukasus, en dele van die Himalayas, Siberi, Alaska, oostelike Kanada, en suidwes VSA gepraat. Hulle sluit in al die Chinese dialekte, Tibetaans, Burmees, Athabascan, Navajo, Apache, Baskies, Burushaski, Noord-Kaukasies en Ket.
  • 5. 5 Eurasiaties is jonger, beraam op tussen 11,000 en 8,000 jaar gelede, en het waarskynlik uit Den辿-Sino-Kaukasies ontstaan. Die sprekers van die afstammelinge van Eurasiaties bewoon die hele Europa, die Amerikas, Suidwes-Asi, die Indiese subkontinent, Siberi, Korea en Japan, en sluit families in soos Indo-Europees, Alta誰es (Transeurasies), Oeralo-Siberies, Nivkh, Yukaghir, Kamchadaals en Inuit-Yupik- Inangan. Volgens die verspreidingspatroon het Eurasiatiese tale die ouer DSK-tale regdeur Noord-Eurasi verdring, sodat net ge誰soleerde eilande soos Baskies, Burushaski, Kaukasies en Jenisei (Ket) oorbly.
  • 6. 6 Navorsing oor die verdwene substraat-tale van Europa wat n beduidende invloed op Proto-Germaans uitgeoefen het, wys dat hulle tot Dene-Sino-Kaukasies behoort het. Die rivier- en ander antieke plekname van Europa is oortuigende bewys daarvoor. Dit beteken dat daar taalverskuiwings plaasgevind het, waar sprekers van DSK (Waskonies) na Eurasiatiese (Indo-Europese) tale oorgeslaan het. Die fonologiese en morfologiese verskille tussen Den辿-Sino-Kaukasies en Eurasiaties is aan hulle afstammelinge oorgedra wat daarvolgens ontwikkel het, en vandag die taallandskap van die Eurasiatiese landmassa en die Amerikas uitmaak.
  • 7. 7 Fonologie Den辿-Sino-Kaukasies se formidabele konsonant-inventaris is veel ryker as di辿 van Eurasiaties; alle plofklanke en affrikate behalwe /福/ en //) het n stemhebbende, ejektiewe en stemlose artikulasie gehad. Proto-DSK se arsenaal bestaan uit meer as 40 fonemiese konsonante en agt fonemiese klinkers. Ter vergelyking: Afrikaans het 23 en Engels 24 konsonantfoneme teenoor die 40 van PDSK. Vandag leef di辿 ryk klank-inventaris voort in die Noordwes- en Noordoos-Kaukasiese tale soos Abkhaz (58 konsonantfoneme), Bzyb (67 konsonantfoneme), Chechen (50 konsonantforneme) en Archi (80 konsonantfoneme). Ook die Amerikaanse afstammelinge is klankryk, soos die Athabascantale van Kanada en Navajo met sy 33 konsonante. Burushaski in die Himalajas het ook meer as dertig konsonantfoneme. Onder die 40 konsonante van Proto-DSK is daar volop agterkeelklanke, velare en uvul棚re, wat in Kaukasies, Burushaski en Na-Den辿 oorleef, maar elders verdwyn het. Proto-Den辿-Sino-Kaukasies se uitgebreide fonologiese stelsel sluit komplekse sibilant- affrikate en resonantkombinasies in, wat fonologies eenvoudige kognate in Eurasiaties het. Een van PDSK se uitstaande kenmerke is die oorvloed aan laterale affrikate soos dl, tl en tl (glottale uitspraak). Al drie van hulle oorleef in die Oos-Kaukasiese tale Avar, Andi en Tsez, en in Na-Dene, soos Navajo dloo grond-eekhoring, -tle/-tlee sokkies en tlee nag. Eurasiaties het net die basiese lateraal /l/: Proto-DSK *HtlwnV winter, jaar teenoor Eurasiaties *lugV sneeu; PDSK *tlp blaar (Burushaski *ltap blaar, Basque lapar braambos) is die Eurasiatiese *lVpV blaar, bas, en PDSK *tlnpV tong, lip is die Eurasiatiese *l[a]pV lek, lip. Dis fassinerend dat Baskies en Burushaski laterale affrikate tussen klinkers op dieselfde manier hanteer /rd/ of /rt/ by eersgenoemde, en /ld/ of /lt/ by Burushaski. DSK het drie reekse sibilante en sibilant-affrikate gehad: voor /s, c, c, /, palataal /, , 兵/ en agter /邸, , 兵, 年/, waarvan daar nog spore in Baskies oorleef. DSK het ook oor n reeks uvulare konsonante beskik wat foneties as / 柊 x, / weergegee word. Die Franse en die gebreide Afrikaanse /r/ ressorteer hieronder, maar is die resultaat van n ander tipe ontwikkeling aangesien Eurasiaties nie di辿 reeks gehad het nie.
  • 8. 8 Eurasiaties het maksimum 25 konsonante gehad en +/- agt klinkers, wat aanleiding gegee het tot Ablaut (klinkerwisseling) in Indo-Europees en vokaalharmonie in die Oeraalse, Mongoolse en Turkse tale. 29 uit die 37 tale met geronde voorvokale is in Eurasi gele, in Europa noord van die Alpe, met n swenk na die suide om Albani谷, Turkye en die Stans van Sentraal-Asi in te sluit, en verder oos tot by die Stille Oseaan. Net vier tale met geronde voorvokale word vir die Amerikas aangegee, en selfs minder elk vir Afrika en Oseani. Die bronne blyk boonop skepties te wees oor sommige van voorgenoemde. Die nasies van wes na oos sluit in Ysland, die Faro Eilande, die Skandinawiese lande, die Lae Lande, Frankryk, Duitsland, Switzerland, die noordooste van Itali谷, Oostenryk, Hongarye, Anatoli谷, die Kaukasus, Estland, die Russiese Federasie, Tibet, Mongoli谷 en China. Binne die Russiese Federasie, onder meer die volgende: Bashkortostan, Tatarstan, Chuvashia, Kalmykia, Mari-El en Sakha (Yakutia). 23 van die 37 tale het geronde voorvokale in beide die ho en middelposisie, agt het net ho geronde voorvokale en ses van hulle het net geronde voorvokale onder middelhoogte klinkers. Wat taal- makrofamilies betref, behoort almal van hulle tot die Eurasiatiese of Dene-Sino- Kaukasiese families. Onder die Eurasiatiese familie is die Germaanse, Romaanse, Keltiese en Albaniese groepe. In die Germaanse tale is geronde voorvokale n algemene verskynsel; benewens Duits is dit deel van die fonologie van tale soos Yslands, Noorweegs, Sweeds, Deens, Nederlands en Alemannies. In Europa, benewens Frans in Romaanse tale soos Gascon (Langue doc) is daar die Italiaanse dialekte van die noordweste soos Piedmontees en Lombardies wat ook in die Switzerse kanton Ticino gepraat word. Bretons is n Keltiese taal wat in die Bretagneprovinsie van Frankryk gepraat word. Fins, Nganasan, Hongaars en Selkup behoort tot die Oeraalse familie, terwyl Alta誰es (Transeurasies) onder meer verteenwoordig word deur Kalmyk, Dagur en Oirat (lede van die Mongoliese familie), Turks, Kumyk, Yakut (Turkiese familie) en Manchu (Manchu-Toengoes). Die Den辿-sino-Kaukasiese makrofamilie het deur Baskies verteenwoordiging in die Communaut辿 d'Agglomeration du Pays Basque in Frankryk, en die Baskiese Outonome Gebied in Spanje. In die Kaukasus is daar die Lesgiese tale van Dagestan en Chechnies van Chechnya (laasgenoemde twee behoort tot die Noordoos-Kaukasiese taalfamilie). Dans daar Tibetaans, en standaard Chinees sowel as Kantonees, wat tot die Sino-Tibetaanse of Trans-Himalaya-familie behoort.
  • 9. 9 59% - 21 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Eurasiatiese makrofamilie. 20% - 6 uit die 37 tale met geronde voorvokale uit WALS se monster van 562 tale, behoort tot die Den辿-Sino-Kaukasiese makrofamilie. Affikse Proto-Den辿-Kaucasies het van prefikse en suffikse gebruik gemaak, soos die klasprefiks in die naamwoordklasstelsel en n stel prefikse voor die werkwoordstam. Die uitsonderings wat meer suffikse as prefikse kan dra, is Noordoos-Kaukasies en Burushaski. Eurasiaties het van suffikse gebruik gemaak by werkwoordvervoeging, naamvalle en geslagsaanguiding. Prefiksering was die uitsondering, soortgelyk aan Afrikaans waar naamwoordnegering met nie- aangedui word.
  • 10. 10 Komplekse konsonantstapeling in Den辿-Sino-Kaukasies c /ts/ /t必/ /t/ /t/ c味 /ts兵/ 味 /t必兵/ 味 /t兵/ 味 /t兵/ /dz/ /d筆/ /d/ 年 /d/ s /s/ 了 /必/ // 邸 // z [z] L [筆] 添 [] 転 [] x /x/ // 徴 // h /h/ 粒 [稗] [] /腹/ 髭 /髭/
  • 11. 11 Morfologiese Tipologie Drie hoof- morfologiese taaltipes kan onderskei word. Die analitiese vorm is soos Chinees wat byna geen morfologie het nie, omdat grammatiese inligting sintakties ge谷nkodeer word deur reekse enkelwoorde. Hierdie tipe morfosintaksis word analities genoem aangesien daar n groot ooreenkoms bestaan tussen n enkele morfeem en n enkele aspek van betekenis. Agglutinerende (agglutinale) tale bou woorde op deur morfeme soos n ketting aan te ryg, waar elke morfeem n diskrete semantiese eenheid is. n Voorbeeld van so taal is Turks, waar die woord evlerinizden (vanaf julle huise) bestaan uit die morfeme ev-ler-iniz-den, wat beteken huis-meervoudsvorm-jou-vanaf. n Spesifieke tipe agglutinerende taal word polisinteties genoem. So n taal kan die ekwivalent van n hele Afrikaanse of Engelse sin in een woord uitdruk, byvoorbeeld Yupik tuntussuqatarniksaitengqiggtuq (Hy het nog nie weer ges棚 dat hy rendiere gaan jag nie) bestaan uit die morfeme tuntu-ssur-qatar-ni-ksaite-ngqiggte-uq met die betekenisse, rendiere-jag-toekoms-s棚-ontkenning-weer-derde persoon-enkel-aanwysend. Buiten die morfeem tuntu (rendiere) kan nie een van die ander morfeme in isolasie voorkom nie. Die derde tipe is fusionele tale, waar verskeie betekenisse in n enkele morfeem kombineer word. In Latyn byvoorbeeld, bestaan die woord bonus (goed) uit die kern bon-, wat goed beteken, en die agtervoegsel -us wat manlik is en dui op enkelvoudigheid, en die nominatiewe naamval. Proto-Eurasiaties lyk na n tipiese agglutinerende taal terwyl PDSK polisinteties was. Die onderskeie afstammelinge verteenwoordig uiteenlopende en gemengde tipes. Proto-DSK: Navajo is polisinteties met fusionele elemente en Noordwes-Kaukasies dieselfde, Tibetaans is agglutinerend en die Chinese tale en Burmees is tonaal-analities. Proto-Eurasiaties: Letlands en Litous is fusioneel, die meeste Uralo-Siberiese (Fins, Estnies) en Transeurasiese (Turks, Mongools) tale is agglutinerend, en Eskimo is polisinteties. Engels en Afrikaans is semi-analities. Tonaliteit kom nie algemeen onder die afstammelinge van Eurasiaties voor nie.
  • 12. 12 Morfologiese taaltipes: Analities, Agglutinerend, Fusioneel, Polisinteties Kategorie per woord
  • 13. 13 Naamwoordklas/Geslag Eurasiaties maak geen klas- of geslags-onderskeid in die naamwoord nie. Dit het in Proto-Indo-Europees as n innovering ontstaan, maar die drieledige vorm manlik- vroulik-onsydig is intussen by baie tale tot twee gereduseer. Italiaans het byvoorbeeld die o/a onderskeid vir manlik en vroulik, soos ragazzo (seun) vs ragazza (meisie). In die uitgestorwe Anatoliese groep wat onder meer Nesili, Luwies en Lidies insluit, het die onderskeid as lewend/nie-lewend gefunksioneer. Etlike hedendaagse Indo- Europese tale soos Armeens en Persies het geslag as grammatiese faktor heeltemal verloor. In die Namakwalandse dialek van Afrikaans het die nominatiewe vorm van die vroulike voornaamwoord sy blykbaar verdwyn en word daar na albei geslagte as hy verwys.
  • 14. 14 Die a-prefikswoorde vir persone, diere, plante en liggaamsdele: Baskies Kaukasies Burushaski Ander a-bere (beeste) Udi bele (beeste) a-ho (mond) a-dar (horing) -lt炭r (horing) be-/bi-prefikswoorde vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe of eienskappe: be-larri (oor) Ubykh b-筆a (oog) bi-skar (rug) Abkhaz azkw a (rug) -squa (op jou rug) Haida s-ku (rug) u-/o- prefiks vir liggaamsdele, liggaamsvloeistowwe o-dol (bloed) Navajo d狸必 (bloed) u-rdail (maag) Rutul u-xun (maag) -炭l belly, abdomen e-/i-prefiks vir vloeistowwe, melk, dou, hout: e-sne (melk) Chechen 邸in (uier) 畊i (melk) e-e (huis) ye辿 (woning) i-sar (ster) Tindi c:aru (ster) i-toi (druppel water) Chechen tuj (speeksel) In di辿 opsig was PDSK nader aan die Ntutale soos Xhosa en Zulu. Die naamwoordklasstelsel van PDSK het op die onderskeid lewend/nie-lewend en manlik/vroulik berus. Di辿 stelsel is steeds springlewendig in die Noordoos-Kaukasiese tale met hulle twee tot agt klasse, in Burushaski met vier en in Jenisei (Ket) met drie. Die gestolde reste van so n stelsel is steeds sigbaar in Baskiese naamwoorde hoewel die stelsel nie meer funksioneer nie. Tibetaans het ook sulke gestolde prefikse, byvoorbeeld m-hin lewer, m-gur keel, m-khal nier, d-gun winter, d-bu kop, d-kyilma middel, ens.
  • 15. 15 Voornaamwoorde Eurasiaties word gekenmerk deur die voornaamwoordstamme *mi ek, my en *ti jy, jou, en in Kartveels, Turkies en Toengoesies *mi/*si of *bi/*si. Den辿-Sino-Kaukasies het die twee stamme *(a)V vs *(a)dzu vir eerste persoon, en die twee stamme *(u)Gwu vs *(a)wu) vir tweede persoon. Dis interessant dat Baskies en die NO-Kaukasiese taal Dargwa beide die eerste stam van elke paar gekies het vir die direkte vorm: Baskies *ni ek, my en *hi jy/jou. Dargwa: nu en 徴u. Vokaalharmonie Vokaalharmonie is n assimilerende proses waarin die klinkers van n woord almal tot dieselfde klas sinchroniseer. Di辿 vorm van metafonie is n eienskap van heelwat Eurasiatiese tale; dit beteken dat n woord uitsluitlik voor- of agtervokale het, en dat die vokale van uitgange en suffikse aanpas by die vokaaltipe van die stam. Vokaalharmonie kan op hoogte, nasalering, posisie (voor- of agtervokaal) en ander faktore gebou word. tuolilla op die stoel p旦yd辰ll辰 op die tafel Vokaalharmonie werk langafstand, wat beteken dat die betrokke klinkers nie langs mekaar hoef te verskyn nie, en dat daar segmente tussen die snellervokaal en die teikenvokale mag wees. Gewoonlik is daar een klinker, die sneller, wat die ander klinkers in die woord be誰nvloed om by n relevante fonologiese kenmerk van die sneller in te val.
  • 16. 16 In baie tale ressorteer verskillende vokale onder verskillende stelle, soos agtervokale of geronde vokale. In sekere Alta誰ese tale is daar n rondingsharmonie wat bo-or die agtervokaliteitsharmonie optree. Harmonie behels een of meer harmoniese eienskappe waarvoor klinkers harmoniese pare vorm, sodat elke klinker n harmoniese opponent in die ander stel het.
  • 17. 17 Selfbenaming Baie Indo-Europese tale het n woord vir mens wat op aarde, grond, klei berus: Kelties *gdonyo- (Iers duine persoon, Wallies dyn man) < *d憤鼻 憤om-yo- Germaans *guman- man (Engels [bride]groom]) ; < *d憤鼻 憤m 魅 -mon- Latyn hom, hominis persoon < *d憤鼻 憤m-on- (ook h笛mnus) Die onderliggende stam met sy oorspronklike betekenis kom ook gereeld voor: Kelties *gdon- (Ou Iers d炭, don plek) < *d憤鼻 憤om- Latyn humus grond < *d憤鼻 憤om-o-, humilis naby die grond < *d憤鼻 憤em-el-i- Dieselfde afleiding van mens uit aarde bestaan in die Semitiese tale, byvoorbeeld Hebreeus: 峺 峺 dm man, Adam van 峺 峺峅 dm但 grond. (Die onderliggende stam dm beteken rooi). Dis nie die enigste stam in hierdie verband nie. Grieks anthropos 畆僚慮凌 mens dui op aarde, grond, onder, bodem uit die Boriese konsepstam TVHV aarde met die Proto-Austro-Asiatiese vorm *tj aarde. In die Niger-Kongo-familie vind mens die bekende stam *-ntu vir mens in Proto-Ntu, en *taw in Proto-Austronesies, wat met Proto-Indo-Europees *ndho ooreenstem, wat onder, onderkant beteken. Proto-Afro-Asiaties het *tV vir n tipe grond, en dieselfde prototaal het *du畍 vir laag, terwyl Egipties t3 aarde beteken en d畍 na laag verwys. In Khoesan is Tuu die naam van die suidelike taalfamilie en die woorde t en t笛 beteken persoon in verwante Tuu-tale. In die noordelike Kxa-familie is dit *転u persoon. Proto-Den辿-Sino-Kaukasies *dVHV, Proto-Sino-Tibetaans *di:lH bodem en Chinees t:j basis of wortel. Proto-Den辿-Sino-Kaukasies *ntV aarde, sand is kognaat met PIE *-ndho bodem, onder wat n waarskynlike kognaat is van *-ntu, die woord vir persoon in die Ntutale, en verwant is aan die selfbenaming van die Tuu-taal se sprekers soos hierbo vermeld.
  • 18. 18
  • 19. 19 Bibliografie ASLIP https://www.aslip.org/mt.html Bengtson, John D. Bengtson, John D. Materials for a Comparative Grammar of the Dene-Caucasian (Sino-Caucasian) Languages. Santa Fe Institute.http://jdbengt.net/ Bengtson, John D. 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming. John Benjamins. Binsbergen, Wim van. 2009. Exploring the long range pre and proto-history of Element Cosmologies. In: Quest: An African Journal of Philosophy. Vol. XXIII-XXIV, No. 1-2, 2009-2010. Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications. https://horizon.documentation.ird.fr/exl- doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf Bomhard, Allan R. (1998) Nostratic, Eurasiatic and Indo-European. In: Joseph C. Salmons and Brian D. Joseph (eds.) Nostratic. Sifting the evidence. Amsterdam: John Benjamins. Pp. 17-49. Fleming, H C (2002). Afrasian and Its Closest Relatives: the Borean Hypothesis. Global Perspectives on Human Language http://greenberg-conference.stanford.edu/Fleming_Abstract.htm Fleming, Harold C, Stephen L. Zegura, James B. Harrod, John D. Bengtson, Shomarka O.Y. Keita. The Early Dispersions of Homo sapiens sapiens and proto-Human from Africa, in: Journal of the Association for the Study of Language in Prehistory Issue XVIII 2013. Fleming, H C. 1991. A New Taxonomic Hypothesis: Borean or Boralean', Mother Tongue 14 (1991). Gell-Man, Murray. Testing the "Borean" Hypothesis, by Ilia Peiros, Santa Fe Institute, George Starostin, Russian State University for the Humanities. Gell-Mann, Murray et al. (2009) Distant Language Relationship: The Current Perspective, Journal of Language Relationship揃仂仗仂 磶从仂于仂亞仂 仂亟于舒 The Global Lexicostatistical Database. https://starling.rinet.ru/new100/GLD.htm Greenberg, Joseph H. (2000). Indo-European and its Closest Relatives: The Eurasiatic Language Family, Vol. 1: Grammar . Stanford: Stanford University Press. 2000 Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington: Indiana University. Haase, Fee-Alexandra. 2019. Chaining". Studies of the conceptualization of genuine concepts of linguistic communication in the roots of the proto-language-thesaurus and reflexes across language families. Dialectologia 2019 no. 3.
  • 20. 20 Haase, Fee-Alexandra. 2014. Protolanguages vs. Linguistic Networks across language branches. A basic inventory for relations of concepts in prehistoric states of linguistic communication. In: Speech and Context I (VI) 2014. Haase, Fee-Alexandra. 2021. Where does speech come from?' a historical linguistic answer. The Free Library. 2011 Estonian Academy Publishers 11 Jul. 2021. Kortlandt, Frederik 2020. The dissolution of the Eurasiatic macrofamily https://www.academia.edu/44755526/The_dissolution_of_the_Eurasiatic_macrofamily Kortlandt, Frederik. Indo-Uralic and Altaic https://www.kortlandt.nl/publications/art216e.pdf Kozlova T. O. Recurrent Patterns Of Semantic Change: Evidence From Global Etymologies. DOI https://doi.org/10.36059/978-966-397-171-1/41-58 Robbeets, Martine. 2020. The classification of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.31-39) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0004 Robbeets, Martine. 2020. The homelands of the individual Transeurasian proto-languages In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.753-771) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0044 Robbeets, Martine. 2020. The Transeurasian homeland: where, what, and when? In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.772-783) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0045 Robbeets, Martine. 2020. The typological heritage of the Transeurasian languages In book: The Oxford Guide to the Transeurasian Languages (pp.127-144) DOI:10.1093/oso/9780198804628.003.0011 Ruhlen, Merrit. 1994. On the origin of languages: Studies in linguistic taxonomy. Stanford Universaity Press. Sergei Starostin, 1953 2005. https://pantheon.world/profile/person/Sergei_Starostin/ Uys, Pieter. Eurasiaties. Uys, Pieter. 2021. Die Geronde Voorvokale. Uys, Pieter. Die Oorsprong en Ontwikkeling van die Indo-Europese Taalfamilie. Uys, Pieter. 2021. Taal is n brug oor die stroom van tyd. Uys, Pieter. 2021. Taal is n drif deur die spruit van tyd. Uys, Pieter. Taal is n poort deur die muur van tyd. Vuosaly , Hellas, The Untaught: Latest Horizon in Long-Range Historical Comparative Linguistics. New York: Intntl Committee of Koinoetymology and Post-Metaphysical Thinking, ICKPT, 2017. Pp. 132 genetic linguistics historical linguistics language families eurasiatic dene-sino-caucasian borean protolanguage linguistic taxonomy